Oom Jan Taks is ‘n gawe oom.

Jissie oom Jan Taks, ek het in die verlede al gekonstateer dat Oom darem ‘n baie gawe oom is. Al wat belastigbetaler is in sonnige Suid-Afrika murmereer dat Oom hulle kaalgat uittrek. Nie ek nie. Nee, Oom sien my sedert ek my emeritaat aanvaar het met groot genade aan. So ook hierdie jaar. Nou nie so mildelik dat ek op ‘n sea cruise kan gaan nie, maar darem tog so ruimskoots dat my hart properlies verbly is. Ja nee, nou kan ek weer ‘n dunnerige lamstjoppie op die kole gooi en die kar so half-vol petrol maak. Baie beter as ‘n skop onner die gat! Nee kyk, Oom is my gunsteling oom in gans die rang der staten rij. Dankie my oom. Laat dit goed gaan met Oom, en se tog groete vir die antie.

Advertisements

9 thoughts on “Oom Jan Taks is ‘n gawe oom.”

  1. Jy is snaaks, nè Lewies? Maar mens moet darem regverdig ook wees; as jy ń ietsie terugkry, sou ek ook dankie gesê het. Dalk net vir hom, die tannie saam is nou te dik vir ń … Wat is die spreekwoord nouweer???🙊🙊🙊 Daller? Of dollar?

  2. Jan Taks en die antie vier lekker fees met dié deel wat hulle by jou gevat het en níé teruggegee het nie! Om nie te praat van al die vet ooms en anties in die parlement, die polieste, die aarmie, binnelandse sake, ens. ens. Al wat maer is, is ons emeritate wat aan belastings wurg.

    Om nie te praat van antie De Lille wat my munisipale rekening met 55% (ja, vyf en vyftig persent) opgejaag het nie.

    vuurklip vreet en spoeg vuur!

  3. Ha ha, nogals nê. My se man ken daai gevoel… ek nie, want oom Jan noem my ‘n “business owner” en juis daarom sal ek maar inbetaal en net droom oor uitbetaal.
    Ek kan nie eens UIF nie – menigte mense dink mos maar dit is die staat se spaarrekening, en is daarom geregtig om superrente te ontvang op hul R10.00 pm se bydrae. NEE TOE NIE. DIE STAAT HOU NET VAN collect EN AS DIE STAAT BETAAL SOOS IN OOM LEWIES SE GEVAL, HET HY DIT WEER VAN ‘N ANDER sucker for punishment GEVAT. 😉

    1. Toe ek ‘n kripvreter was was ek ook een van die wat meer aan die keiser moes betaal as wat hom toegekom het. Nou kry ek elke jaar ‘n druppeltjie in die emmer terug. Genoeg om oor gat te skeer!

Leave a Reply to Lewies Mymer Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s