Jan Taks se enjin nou morsdood

Jinne Oom Jan Taks, daar staan dit in Vrydag se Burger op die voorblad “Jan Taks se enjin nou morsdood”. Ek hoop van harte Oom het ‘n baie goeie mediese fonds, want ons belastingbetalers gaan baie gatvol wees om Oom se enjin te jump start, ek ook, al het Oom my die afgelope jaar of drie met genade en goedgunstigheid bejeen. Nee kyk, Oom wil mos vir Oomselwers met domkoppe omring, kyk nou net daai antie wat op TV gepraat het. Sy is wragtag nie die skerpste potlood in die pencil case nie, om die waarheid te se ek dink haar punt het afgebreek. Ek wonder wat pay daai antie per maand. En dan het sy nog French benefits ook, soos hulle se. Ek glo dis van pure stress en benoudigheid dat Oom se enjin nou morsdood is. Nee wat, Oom moet hulle almal onner hulle vet gatte skop en mense aanstel wat die jop wil doen, en kan doen. Maar intussen spreek ek my diepe simpatie uit met Oom se toestand, en ek koester ‘n innige hoop vir spoedige herstel. Is die Antie darem ok? Se vir haar ek stuur groete

12 thoughts on “Jan Taks se enjin nou morsdood”

  1. Daai Antie se paytjek was sowat R3 000 000 (ja! drie miljoen) vir 11 maande se “werk”. So, sy’s okei, sommer baaaie okei. En jy hoef nie te worry oor haar medical aid nie. (Siende dat sy vir die Oom werk wonder ek of sy ‘n taks korting kry?)

  2. Ek het Vrydag my aanslag ingedien (aanlyn) terwyl ek ‘n paar gebedjies geprewel het, maar alles het darem toe glad verloop. Ek sien die antie het om verskonming gevra, maar wie het die verskoning-spiets geskryf? Ek wonder net, want dit was ondubbelsinnig en grammaties korrek.

Leave a reply to Lewies Mymer Cancel reply