Die see is wild vandag
Grou onder donker wolke
Ek tel ān ronde klippie op
Dink aan jou
Vryf hom warm
Gooi hom teen die wind in die see in
Stormweer word voorspel
Eendag sal die see weer kalm wees
Spieelglad onder sagte wolke
Ver oor die baai
Sal die son deurbreek
Ek sal konfettibos tussen my handpalms vryf
Die bries sal die ryk kruiegeur die berge indra
Dit sal mooiweer en warm wees.
Sjoe, Lewies die digter…pragtig!
Mmm, Lewies se ernstige sy!
Dis so mooi, Lewies.
Dankie Una. My gemoed was swaar.
Ek het so gedink.
Dit praat met my!
Baie mooi. Kan op toepassing van die lewe ook wees. Na n storm skyn die son tog weer.
Ja dit is so. Daar is op die oomblik hartseer in ons familie, en ons hoop op die dag dat die son weer deurbreek.
Kan dit aanvoel in hoe jy dit skryf. Die son sal weer skyn al is dit nie nou dadelik nie!
Laat my dink aan die ander Lewies: Loius van Rensburg
Die gediggie is in hartseer ontvang en gebore.
Ek is jammer oor jou seer en swaar gemoed. Sterkte. Dis ‘n pragtige gedig en die tweede versie wys dat die hoop op beter dae nog daar is.
Pragtig geskryf. Hartseer en hoop