Lewies die onopmerklike

Ek vermoed ek het ‘n baie onmerkwaardige gelaat. Ek sal vandag kennis maak met iemand, blad skud, iets se soos “Aangename kennismaking Piet” vir Piet mooi vierkantig in die oe kyk (soos my poliesman pa my geleer het, net skelms maak nie oogkantak nie.)

Piet sal tien teen een antwoord “Bly te kenne, Lewies” en dalk iets byvoeg oor die weer wat vandag darem anderster is. Kyk hoe waai die Suidooster, dis mos Noordwester se tyd..
Ons paadjies skei en ons slaan ons onderskeie koerse in.

‘n Week later loop ek vir Piet weer raak, daar in die wynafdeling van Checkers. Hy het ‘n bottel Kanonkop in sy hand en kyk met smagting daarna. Dan sit hy dit met ‘n sug neer en sit ‘n bottel BC Cabernet in sy waentjie. Dis mos nou ‘n goeie aanknopingspunt vir gesels.

“Jis ou Piet,” se ek. “Die wyn is darem duur jong. Deesdae het ek my smaak ook maar afgeskraal”

Piet ruk orent, kyk my agterdogtig aan. Onthutsing vliet oor sy gesig, so asof hy vermoed sy identiteit is gekloon.
Ek verlos hom uit sy verbystering.

“Dis ek Lewies. Ons het verlede Saterdag by die boeremark ontmoet”

“O,” se hy met sigbare verligting. “Nou onthou ek. Verskoon tog, ek is nie goed om gesigte te onthou nie.”

“Jou bakkies sal ek nie sommer gou vergeet nie” wil ek vir hom se, maar ek se dit nie want my ma het my goeie maniere geleer. “Met daai lang tande van jou wat soos pitte in ‘n misoes-mieliestronk sit” wil ek byvoeg.

Die een voordeel van sulke onakgesentureerde fisionomiese kenmerke is dat ooggetuies sal sukkel om ‘n identikit van die uwe saam te stel as ek nou eendag in die gereg se visier kom.
‘n Man is egter maar ydel, en dis vir my elke keer ‘n teleurstelling as een van die vroulike geslag wat ek nie so lank gelede ontmoet het nie my so vinnig in die vergetelheid van haar geheue liasseer.

As my gesig dan so gou vergete word, moet ek die ontmoeting dalk meer merkwaardig maak deur dit te knoop aan ‘n opmerking wat diep in die geheue sal inets Iets soos: “Glad to know you Mary. Show me yer tits”

12 thoughts on “Lewies die onopmerklike”

  1. Haha, jy mag dalk ‘n paar klappe op lyf loop, maar Mary sal jou beslis nie vergewe nie. Ek simpatiseer egter met die ou wat nie kan onthou nie, want ek is ook so Lewies. Mense se name spoel net eenvoudig by my ore uit – nie omdat ek nie belangstel of nie omgee nie, ek dink dis ‘n gebrek in my brein. Ek sal wel jou telefoonnommer onthou tot in lengste van dae.

    1. Jy is gelukkig met die nommer-onthou. Gelukkig so met die jare word die getal nrs wat ek moet onthou al hoe minder, ook danksy my selfoo. Dis nou nrs soos ID, mediese fonds, pin, bankrek ens.

  2. Ek ken iemand aan wie ek al vyf keer voorgestel is! Soms dink ek sulke mense ag jou nie belangrik genoeg om te onthou nie. Aan die anderkant het jy weer, soos Hester sê, die mense wat regtig nie goed is met gesigte en name nie. Nietemin Lewies, jou skrywes kan ek nie misloop nie, want dis gewoonlik so kostelik, dat ek dit wil onthou en weer en weer lees!

  3. Oooooo jy maak my diep bekommerd. Ek vergeet ook name … sug… en ek sal nie eers vir jou kan vra soos vir oud-leerders? Hoe gaan dit met jou ouers? Is jy gelukkig? Is jy al ryk? alles met ‘n onnosele glimlag op my gesig!

  4. Jou ou stoute kabouter! Ek dink dit kan beslis n indruk maak op veral die vroue! Jy moet maar net n bietjie op n afstand staan as jy die bekendstelling doen. Nou smile ek weer van vooraf vir die prentjie wat hier voor my opduik. Lewies wat koes voordat hy die beskrywing gee, ha ha!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s