Rambo Rabie Episode Drie
Toe Rambo Rabie opstaan, voel hy wonderlik verfris. Sy vel tintel en sy senuweepunte voel of dit sulke vonkies skiet. Daai massiewe gasontlading het natuurlik sy organe gesuiwer van alle soorte liggaamsgifstowwe, ‘n enorme detox. Hy voel so gesond soos ‘n free range eier. Hy stap voort met vaste tred, doelgerig soos ‘n kruisvaarder op ‘n missie.
Die plantegroei word al hoe digter en hy moet as’t ware deur die takke en blare roei. Gou- gou is sy voorarms vol bloederige hale, maar hy laat hom nie daardeur van stryk bring nie. Nee, hy stryk vasbeslote aan. “Kom hel of hoogwater” dink hy, “ek gaan vorentoe” Hoe verder hy vorentoe beweeg, hoe stiller word dit. G’n meer apies wat “hieggie hagga” of Kalkoengedoentevogels wat “Kweaakoel” nie. Doodstil. Morsdoodstil. Net die geritsel van die blare soos hy dit wegdruk
Skielik gryp iets hom aan sy een voorarm vas toe hy die plantegroei uit sy pad du. Hy ruk sy arm terug, maar verniet. Hy gebruik sy ander hand om dit wat hom vashou los te maak. Maar daar sit die hand ook vas! Toe hy mooi kyk, sien hy dat hy in ‘n massiewe spinnerak vassit! Die spinnedrade is dik, so dik soos ‘n vroulike motoris in Gauteng se middelvinger, en so taai soos Sticks like Shit-gom. Hoe meer hy spartel hoe meer raak hy verstrengel in die taai, klewerige spinnerak. “Shit” se hy, “nou sit my turf!” So ‘n ent bokant hom merk hy ‘n beweging. Dis ‘n moerse spinnekop! So groot soos ‘n Foksterrier. (Net met agt voete). Die spinnekop loer agterdogtig na sy prooi, hy ken nie die soort vangs wat hy gemaak het nie en vertrou nie die vrede nie.
Rambo Rabie weet dit nie, maar sy eie oupagrootjie was ‘n insekkundige wat hierdie soort spinnekop ontdek het. Tot sy eer het die Smythsonian Archaeology, Palaeontology and Entomology Institute die spinnekop na hom vernoem: Arachnida Rabie Rabies. Vandaar die Rabie. Wat die spinnekop besonders maak is dat sy gif hondsdolheid in sy prooi veroorsaak. Vandaar die Rabies. Ook maar goed die spinnekop weet nie dat Rabie Senior sy voorvader gevang en vasgespeld het (met ‘n koevoet) aan ‘n houtbord waar sy uitgedorde kadawer nou in die Smythsonian Archaeology, Palaeontology and Entomology Institute se smoking room (Gentlemen Only) pryk nie. Want dan sou daai spinnekop karma geeis het!
Intussen spook en spartel Rambo vergeefs om uit die spinnerak los te kom. Die spinnekop kom nou stadig teen een van die silwer spinneweefsels afgegly. Voetjie-vir-voetjie. (Dit vat hom lank want daar is agt voete) Rambo kan nou die ongedierte se oe uitmaak, koud en kil, ontdaan van enige emosie of erbarming. Rambo is nou vasgewoel soos ‘n mummie in ‘n doodskleed. Hy kan skaars asemhaal, sy longe is platgedruk. Die spinnekop steek versigtig een voet uit na Rambo, voel-voel waar sy liggaam ontbloot is. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Tevrede dat die prooi vreetbaar is kom hy nader, maak sy angswekkende bek oop, Rambo sien die doodsknypers oopmaak, hy ruik die vrot reste van die spinnekop se vorige maal.
En dan, met een magtige sprong is hy los!
Rambo Rabie – so taai soos Chuck Norris en Hiawatha saam.
Vandaar die gesegde: “Come hell or Hiawatha!”
Hiawatha van Helsdingen!
Ja, die Van Helsdingens. Onthou jy “Bog met Blou Maandag” en wat “Olikheid se Moses” is? Vra as jy nie weet nie … (sensors bly weg!)
Ja, ek onthou dit goed. Na die nuus op Maandae. Sommer lekker laf gewees.
Ja, maar weet jy wát was/is olikheid se moses?
Nou vra jy my vas–verlos my uit my onkunde!
Sug… jammer Rambo bly so ver. Die Landgoed sou darem opwindend gewees het as hy hier was!
Dalk eendag : Rambo Rabie in Polokwane!
Ooooooo hy sal ‘n gepasde ontvangs kry
Kostelik…voetjie vir voetjie….gelukkig het hy net agt voete en nie meer nie! Ek sien uit na die volgende aflewering, Lewies.
Rambo het hom amper vasgeloop in’n reuse duisendpoot!
Oeps, dit kan ‘n lang beskrywing raak..voetjie- vir-voetjie!😄😄