‘n Monoloog
“Vroukie, hierdie koffie is darem bitter jong. Jy het seker weer die suiker met een van daai klein plat lepeltjies ingegooi. Jy moet liewer daai vet giflepel van my ouma gebruik. Hy meet net die regte hoeveelheid suiker af. Drie teelepels, jy weet mos”
Slurp slurp slurp
“Jis Vroukie. Jy moet tog nie die eiers so hard bak nie. Ek sweer hulle sal hop as hulle op die grond val. Ek hou van die eiers lekker sag, nog loperig. Jy weet mos”
Kou kou kou.
“Hierdie Checkers brood is darem wragtag nie lekker nie. Jy
moet dit bietjie langer laat toast. Dan smaak dit beter. En sommer die botter
in die micro wave sit, net so tien sekondes , dan kan mens dit smeer. Hierdie
botter is kliphard. Mens het ‘n troffel nodig om dit te smeer.”
Sluk sluk sluk
“ Die marmalade is darem bitter jong. Bitterder as gal. Ek kan dit nie oor my lippe kry nie. En die goed is so bleddie taai, my vingers sit eintlik aan mekaar vas. Ag, lek asseblief my vingers af, hier is dan nie servette op die tafel nie”
#@ #@ #@
“Jinne Vroukie! Ek moet my vingers wáár indruk?”
Versigtig, Lewies, versigtig!
Ek het so deur die jare geleer om lig te loop!
Lewies, jy laat my lag en ek onthou vir Ben en Babsie.😂😂🤣🤣
Oeee, Lewies, jy gaan nog moeilikheid optel! Of weer moeilikheid optel.
Huismoles is mos my tweede naam!
Sien jy nou, van toe af al het ons moeilikheid met die vroumense (so met die tong in die kies!)
Lewies op sy stukke!
Vroukie verdien die een of ander toekenning…
‘n Goue ene!
Dun ys, Lewies, dun ys…
So agtergekom, ja. 🙂
Die stomme vrou het haar hande vol
Het jy die monoloog hardop uitgespreek of net in jou gedagte? Vra maar net! Dis nou presies hoe dit kan wees! Hoekom maak jy nie jou eie koffie en toast nie? Vra maar net!
Hehe! Sal maar daai kulinere vermoe moet aanleer!