Tag Archives: kolgans

‘n Storie van gans ‘n ander aard

DSCF5614

Hierdie troppie kolganse het in die parkie oorkant ons huis kom wei. Die troppie bestaan uit ‘n pa en ma en elf kuikens, wat hier nou al groot is. Hulle broeiplek is op die sportterrein van die laerskool hier naby waar die kinders geleer word om hulle met rus te laat. ‘n Oulike kinkel in die storietjie is dat die kinders gesien het dat een van die kuikens kruppel loop. Meneer is toe ingelig daaroor en die vee-arts oorkant die straat het kom kyk wat die probleem is en gevind dat ‘n stukkie tou so styf om die beentjie gewoel is dat gangreen begin ontwikkel het. Die beentjie is geamputeer en met ‘n tuisgemaakte kunsbeen vervang. Iemand het die gansie aangeneem en hy kraai nou koning op ‘n plaaswerf.

Advertisements