Tag Archives: operasie

Eina Oubaas!

DSCF5407

Nee, dis nie Chopper wat so lamenteer na ‘n operasie om ‘n geskeurde kruisligament te heg nie, dis oubaas se beursie wat so weemoedig ululeer. Oubaas is platsak en die beursie is platter as ‘n basaarpannekoek. Ek wil liefs nie vertel wat daai operasie gekos het nie, julle mag dalk dink ek is ‘n ryk man.

Goeie nuus is dat Chopper weer amper op vier bene is, trap nog so nou en dan ligvoets met die seer voet in die lug. En dit alles oor hy so ‘n aktiewe brak is, moet alewig spring.Dit was altyd vir my oulik enΒ ek het die bokspringery aangemoedig, nou weet ek van beter.