Tag Archives: Overtstrand

Lewies versus Overstrand Munisipaliteit

Ek het vertel van die bloekomboom hier voor ons huis waarvan die wortelstelsel erg gekarnuffel is toe die munisipaliteit ‘n gebarste waterpyp so te sê onder die boom reggemaak het. Aan weerskante van die boom is diep gate gegrawe met ‘n meganiese laaigraaf, maklik grafdiepte, en dit het my onrustig gemaak dat die boom dalk kan kantel in stormwind. ‘n Man van die Overstrand Munisipaliteit wat kom kyk het hoe sake vorder sê toe vir my die boom gaan wortel en tak verwyder word. Toe gebeur daar so a la munisipaliteits niks verder nie, net die wind waai. Navrae by Overstrand bring niks aan die lig nie. Toe kontak ek die wyksraadslid en sy rangeer my e-mail versoek om aksie in die regte kanale.  Bel iemand my en sê Nee, die saak moet eers ondersoek word deur die tuinboukundige wat op daardie stadium  somewhere op kursus is.Intussen waarsku die weervoorspelling teen near gale wind. Ek vra toe weer waar staan sake nou. Die rekwisisie is uitgemaak, word ek kripties verseker. Gits (lees fok), dit beteken niks nie–rekwisisie waarvoor en wanneer, wonder ek.  Toe e-mail ek weer maar voor ek dit stuur redigeer Vroukie. Jy kan nie so aanvallend wees nie, reken sy. Ek temper toe maar en skryf ‘n skalkse gediggie met die hoop om reaksie te kry.

So het die sage ontplooi:

 

 

Aan Overstrand

 14 August 2014 02:35 PM >>> >

Hoe lank moet ek nog wag, hoe lank nog droom

Oor die lot van die bloekomboom

Gaan julle hom sny, of gaan hy bly

Vir my gerusstelling en gerief

Laat my weet asseblief

En ook wanneer dit sal geskied

Sal u my ook dit in u antwoord  bied.

Groetnis

Lewies

 

C 15 Aug Dear Lewies

                     The matter is in hand, our horticulturalist has been to inspect the tree.  She has also requested a second opinion from another knowledgeable person.  It is our policy not to simply fell trees at the drop of a hat.   The tree must really “deserve” to be felled.

 Your kind indulgence will be appreciated as she was away on a compulsory training course for this week.

 

Regards

 

Nou ja, tot dusver nog nie die “horticulturalist “gewaar nie, en geen verdere taal of tyding van Overstrand Munisipaliteit nie.

Intussen is daar weer ‘n koue front aan die kom wat gewoonlik met sterk wind gepaard gaan. En as daai boom val, val hy die uwe des poerdes merdes, lewwel met die grewwel. net hier waar ek sit en hierdie aan julle verhaal. Maar wees verseker, as daai boom my vrek val, soe ek Overstrand Munisipaliteit sif, ou maat, SIF!!

Advertisements