Koud is die windjie en skraal

 

Vrydagoggend

Ek kom by die badkamer uit en tref Vroukie voor die spieël in die slaapkamer aan. Sy staan met haar rug na die spieël en loer oor haar regterskouer. “Skapie (!), dink jy my boude lyk groot in die skirt?” en sy fler die skirt met die mooi groot blompatroon oop.

Alarmsirenes weergalm en rooiligte flikker in my brein soos JZ se kavalkade op spoed op die N3 in KwaZulu-Natal. Ek het êrens gelees, (Huisgenoot, Readers’ Digest?) dat hierdie strikvraag nommer een is. Hierdie vraag het nie ‘n ja of nee antwoord nie—benader hom onverskillig en jou naweek , en volgens Anna Malan in Rooi Rose, dalk ook jou huwelik, is poer in sy moer. Ek dink naarstiglik aan ‘n antwoord, en dan, soos dageraad in dorre woestyn, skiet ‘n onfeilbare antwoord my binne. Heuglike ingewing!

“Weet jy, Lieflammertjie (!), ek lees in een van die tydskrifte wat in toilet lê dat ‘n mens liewer ‘n fyn motief moet kies om die effek van groot boude te neutraliseer en nie ‘n groot motief soos van jou skirt nie. Dit beklemtoon groot boude”

Ek kyk afwagtend na haar om haar kommentaar op hierdie stukkie wysheid te hoor. Ek is seker min mans weet dit, hierdie kennis sit my in die klas van ouens wat sent ken, soos Channel Nr 5 en Poison. Gesofistikeerd.

Haar gelaat is egter stroef. Haar lippe beweeg asof sy na woorde soek. As sy praat, weet ek dat sy die woorde wat sy wou sê, wel gehad het, maar dat sy na meer onskuldige eufemismes buite die F register gesoek het as die woordkeuses wat spontaan aangebied is.

Haar stem is kil soos die winterwind, ysig soos die poolwind wat oor die ysvlaktes gier en die ysbere laat tjank. Ek voel hoe die bloed in my alveoli, bronchioli en canneloni vries. My byniere kickstart rukkerig soos ‘n ou plaastrekker onder ‘n bloekomboom en die adrenalien pirts in my bloedsroom in soos die middelstroom van ‘n ou man met ‘n vergrote prostaat. Veg of vlug, maar veg is nie ‘n opsie nie.

“Jy kan jou blerrie (ja blerrie, nie fokken nie) slimmigheid vir jouself hou. As jy dink my boude is groot sê verdomp so. Moenie kom met jou blerrie stront wat jy in die blerrie Huisgenoot lees nie!!”

En toe is ek heel betyds by die werk. Gaan ‘n lang naweek wees. Ek dink ek moet gaan visvang.

24 thoughts on “Koud is die windjie en skraal”

  1. Haaaa – jy is so snaaks, jou slimme man. Sent!!! – jirder, wanner laas het ek daai woord, so gese, gehoor?Jy maak my blog-lees van vandag die moeite werd.

  2. LMGA!!!!!Dis nou sowaar:” sit jou voet in jou mond ndraai dit nog dwars ook”Ag shame Lewies… hoop die naweek se visvang gaan beter wees as jou kommentaar oor vroukie se romp…..Sterkte!!!:>)))

  3. Jis, ja…g’n wonder jou dag het toe so half sleggerig uitgedraai nie…(jou Vrydag die 13e is toe ‘n week of wat laat.)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s