Donker wolke

Die see is wild vandag
Grou onder donker wolke
Ek tel ‘n ronde klippie op
Dink aan jou
Vryf hom warm
Gooi hom teen die wind in die see in
Stormweer word voorspel

Eendag sal die see weer kalm wees
Spieelglad onder sagte wolke
Ver oor die baai
Sal die son deurbreek
Ek sal konfettibos tussen my handpalms vryf
Die bries sal die ryk kruiegeur die berge indra
Dit sal mooiweer en warm wees.

Die verdere avonture van Rambo Rabie

Ek het ‘n tyd gelede hier  vertel van Ranbo Rabie wat skipbreuk gely het en wat toe op ‘n suidsee-eiland uitgespoel het. So het dit die volgende dag met hom gegaan.

Nadat Rambo lekker gesmul het aan die kalkoengevogelte strek hy hom behaaglik uit. ‘n Mildadige lomerigheid sak oor hom neer en hy gaan le in die skadu van die bome aan die soom van die strand waar hy gou wegdommel in ’n diepe slaap.

Hy word wakker van die gekrys en krakeel van die kalkoengevogeltes. Hy voel uitgerus en sterk na ‘n goeie nagrus en hy besluit om die eiland te verken om te sien of daar tekens van menslike bewoning is.

Toe hy opstaan, begroet ‘n onheilige stank hom. Hy kyk om hom rond maar sien niks nie. Dan “Plops!!” val ‘n drillerige, grillerige bobbel omtrent so groot soos ‘outydse sopbord hier vlak voor sy voete.

“Fok!” roep hy vies uit toe hy die hoop gemors eien as die mis van die kalkoengevogeltes. Hy spring eenkant toe en merk met afgryse dat die plek waar hy die nag so rustig in die arms van Morpheus verkeer  het een hoop kalkoengevogeltestront is. Hyself is van kop tot toon besmeer met die onwelriekende ghrieserige uitwerpsel.

So vinnig as wat hy kan hol hy see toe en was homself in die reinigende soutwater.

“Fokken kalkoengevogeltes! “ brom hy. “Ek is lus en skiet sommer nog een vrek”

Hy bedink hom egter en begin aansuiker oor die die duine tussen die digte plantegroei die bosse in. Sover hy loop kwetter voels en roep apies “Hiegie hagga hiegie hagga!”  Hy bevind hom in ‘n lowergroen oerwoud waar allerhande soorte onbekende vrugte aan die bome hang. Hy pluk ‘n besondere lekker vrug, iets soos ‘n kruis tussen ‘n pynappel en ‘n popo, en eet te lekker daaraan. Die sap stroom van sy kiewe af en raak taai tussen sy welige borshare. Met groot verligting hoor hy die kabbeling van water. Vars water! Nou is hy ten minste van spys en drank verseker.

Voor hom strek ‘n groen grasvlakte en net daar anderkant sien hy ‘n biggelende waterval wat saggies en blink na benede tuimel. Hy besef nou eers hoe dors hy is na gister se vetterige kalkoengevogeltevleis. Hy storm vorentoe , hy kan al die koel genoegdoening van die water voel, toe sy bene meteens onder hom wegraak! Die groen grasvlakte is al die tyd ‘n suigsandpoel wat met groen alge oortrek is! Hy probeer sy bene uit die sand lig maar hy word net dieper ingesuig. Dan bemerk hy slinger bewegings in die donker suigsandmodder. Dis allemintige visse wat na hom aangeswem kom!  Dit lyk soos babers, maar die rye skerp tande in hul oop bekke laat hom vermoed dat dit ‘n oersoort piranha is! “O shit I’m shot! O shot I’m shit !” is die eerste gedagte wat by hom opkom. Gelukkig swem die piranhavisgedoentes moeilik in die dik suigsand en hy het ‘n oomblik of wat om ‘n plan te maak voor die skerp tandvlyme sy liggaam aan flarde kerf.  Skielik kom ‘n besef by hom op: hy het nie ‘n plan nie! Met ander woorde hy is gefok, solidly gefok.

Nou tref nog ‘n kwellende angstigheid hom: hy raak meteens bewus van ‘n verskriklike drukking is sy afdalende dikderm, nee, sommer die hele dikderm en sy dunderm en maag ook. Dis natuurlik daai pynappel kruis papajavrug wat hy geeet het en nou deur sy spysverteringsensieme en pepsiene  omgekook is tot ‘n Chaldeese heksebrousel.  Intussen waggelswem  die moordvisse al nader, hy kan al die wit van hul oe sien.

Dan, meteens en skielik, onsluit sy splintersluiter en onmiddellik ontsnap ten minste 4,5 kubieke meter ingewandsgas met ‘n onaardse geborrel. Suile suigsand  so hoog soos ‘n 5000 liter Jojo watertenk, nee, nog hoer, maak dit ‘n 10 000 liter tenk, skiet die lug in, en daarmee saam die baberagtige oerpiranhas wat so in die verbygaan driftig na hom hap. Terwyl die suigmodder en die visse in die lug is hol Rambo vinnig en droogvoets deur die poel. Hy haal die anderkant net betyds want nou begin die suigsand en visse weer neerplons in die lee poel.

Hy sak neer by die helder waterbeek en drink gulsig  sommer so op sy pens le hy en slurp die water op wat koel en salig in sy keel afgly.