Multi tasking, oftewel die vermoe om meer as een taak terselfdertyd uit te voer

Kyk, ek het al geleer dat daardie rare vermoe, multi tasking, hoofsaaklik  in domein van die skone geslag gesetel is. Ek het self darem al by geleentheid sukses daarmee gehad, maar oor die algemeen is dit nie juis ‘n manlike forte nie. Bevestiging van die stelling gewaar ek so flussies toe ek die twee werfhonde vir hul daaglikse stappie neem. Net hier anderkant waar ek ‘n taamlike besige straat wil kruis, staan ek effens tru vir ‘n aankomende motor. Toe daai kar hier by my verbyry, sien ek dit: die toppunt van multi tasking  uitgevoer soos net’n vrou kan. Terwyl sy die kar bestuur, borsvoed sy ‘n suigeling. So met die linkerhand hou sy die baba se kop in posisie en met die regterhand hou sy die kar in die pad. Netso. Easy peasy.Toe dink ek by myself, sal gaag wou sien hoe jy dit regkry met ‘n tweeling, maar dan, wat weet ek van multi tasking af, dalk is dit wel moontlik. Easy peasy.