BREKFIS CHEZ LEWIES

‘n Monoloog

“Vroukie, hierdie koffie is darem bitter jong. Jy het seker weer die suiker met een van daai klein plat lepeltjies ingegooi. Jy moet liewer daai vet giflepel van my ouma gebruik. Hy meet net die regte hoeveelheid suiker af.  Drie teelepels, jy weet mos”

Slurp slurp slurp

“Jis Vroukie. Jy moet tog nie die eiers so hard bak nie. Ek sweer hulle sal hop as hulle op die grond val. Ek hou van die eiers lekker sag, nog loperig. Jy weet mos”

Kou kou kou.

“Hierdie Checkers brood is darem wragtag nie lekker nie. Jy moet dit bietjie langer laat toast. Dan smaak dit beter. En sommer die botter in die micro wave sit, net so tien sekondes , dan kan mens dit smeer. Hierdie botter is kliphard. Mens het ‘n troffel  nodig om dit te smeer.”

Sluk sluk sluk

“ Die marmalade is darem bitter jong.  Bitterder as gal. Ek kan dit nie oor my lippe kry nie. En die goed is so bleddie taai, my vingers sit eintlik aan mekaar vas.  Ag, lek asseblief my vingers af, hier is dan nie servette op die tafel nie”

#@  #@  #@

“Jinne Vroukie! Ek moet my vingers wáár  indruk?”

‘n Interaktiewe behandeling van enkele geriatriese degenerasie simptome, of te wel ‘n Paar trieks om die naderende ouderdom hok te slaan

Dit werk so:

Stel jou voor Lewies en sy genote in die eg, Vroukie, stap vanaf  die parkeerterrein na die mall. Hulle is so ‘n ent weg. Dan:

Vroukie “Lewies, trek in jou maag! Kyk hoe breed is jou hemp se strepe!  Jy lyk soos ‘n ou man met ‘n boeppens”

Lewies voldoen aan die versoek (Versoek?)

‘n Paar tree vorentoe.

“Lewies! Trek op jou broek! Kyk waar hang sy gat! Jy lyk soos ‘n ou man!”

Sonder kapittel of teepraat gee Lewies gehoor.

Nog ‘n paar tree vorentoe (Hulle is nou al amper in Checkers)

“Lewies!Moenie so met jou hande agter jou rug loop soos ‘n ou man nie!”

Weer eens maak Lewies so.

Binne Checkers.

“Lewies! Moenie so oor die trollie leun soos ‘n ou antie met ‘n rug probleem nie!”

Lewies stribbel nie tee nie. Na 46 jaar se getroude lewe weet hy wanneer teestribbeling futiel sal wees.

Maar Vroukie bekamp nie net die uiterlike simptome van die naderende senior jare wat Lewies bekruip nie. Sy tree ook voorbehoedend op teen innerlike aftakeling, om daai gaudeamus igitur gevoel wat die vlam van vergete jonkheid laat gloei, weer aan te blaas.

Hulle sit op die strand. Lewies maak of hy lees. Dan se Vroukie. “Lewies, kyk hier skuins agter jou . Daar le ‘n girlkie wat enige jong man se hart sal roer.”

Lewies stribbel nie tee nie. Gaudeamus igitur!

Asblik toe met jou, of tewel ‘n insident in blou, con majestuosa tempestuosa

Na aanleiding van die Le jou Eier -uitdaging plaas hierdie geskriffie van my wat al vantevore die lig gesien het.

Ek en Vroukie sit hier op die agterstoep, so geselsend oor die Oscar Show, wou aanvanklik nie kyk nie maar loer nou kort-kort, dis baie meer opwindend as die Protea-Chokers se no show. Vroukie sit op die trappie en doen iets aan haar voete, skrop, vyl en begin dan haar toonnaels verf. Dan sien ek dit. Blou. So asof sy die toonnael met ‘n hamer kon raakgeslaan het of dalk die slagoffer kon wees van ‘n kataklismiese besering aan diens, dis immers al tien tone wat betrokke is. ‘n Nadere bekyking bring aan die lig dat sy sowaar besig is om die toonnaels blou te verf, so asof sy ‘n Pikt is wat nou regmaak om die vyand aan te durf. Nee, kwit, dink ek by myselwers, Vroukie is nou besig om uit te haak. Sy oordoen hierdie forever young versugting nou heeltemal. Dis alles die Glam Guru se skuld. Sy is immers ‘n dame in haar senior wordende jare en as sulks moet sy mos ‘n waardige betaamlikheid handhaaf. Hierdie uitspattige bont naels is ‘n verspottigheid waarmee die jonger geslag hulle mee kan besig hou. Rooi, ‘n ouer dame se toonaels moet ‘n stemmige rooi wees om haar statige waardigheid te pas as die mater familias . Onnadenkend spreek ek hierdie gedagtes hardop uit, in wat genoem kan word “n Ligte mistykie”
Voukie sit so met haar een voet in haar hand, in die ander hand is die Cutex kwassie. Sy kyk vir my. Daar is nie ‘n twienkel in haar oog nie, maar wel ‘n baie duidelike boodskap, ‘n boodskap in hoofletters, in vetdruk. Sans serif. Die letters is HKGK. Sy sit my so en kyk. Dan staan sy op en vat my hand. “Kom saam” se sy. Sy lei my na ons slaapkamer toe. Uh huh, dalk het ek verkeerd gelees, dit was dalk tog ‘n twienkel. In die slaapkamer loop sy na my klerekas toe. Sy pluk die deur oop en skep ‘n klompie broeke uit die rak. (Dis definitief HKGK.)
“Wag nou Vroukie, wag nou. Wat maak jy?”
“Ek gaan jou Salvation Army klerekas uitgooi. Dis hoog tyd dat jy bietjie bykom en meer byderwetse klere dra. Dan sal jy ok nie meer so oud lyk nie” Net so se sy.
“Fok Vroukie…
“Los die gefokkery Lewies, jy weet ek hou nie daarvan as jy so lelik praat nie”
“Ja maar jy kan mos nie my klere begin uitgooi nie. Daardie is my werksbroeke…”
“Jy werk mos nie meer nie. Jy kan bietjie meer ontspanne aantrek. Dan sal jy ok nie meer so oud lyk nie. Kyk net hier, bruin broek, beige broek, navy broek, bruin broek, beige broek, navy broek so uit die oude doos. “
“Ja maar dis kwaliteit, ek het dit by Woollies gekoop, het my blerriewil R50 stuk gekos .”
“Kwaliteit” snork sy.”Die goed se gatte is blink gesit.”
Nou gryp sy my hemde.
“Kyk hier. Two tone Ventersdorp styl. Kry iets wat jou sal laat jonger lyk”
“Ja maar…”
“En kyk hier, hierdie onderbroeke van jou, die goed is verflenter. Jy sal koue vang as jy die goed dra.”
“Ja maar…”
Sy gooi dit op die hoop klere .
“Ek moet omsien na my belange” se sy.
Nou pluk sy my skoene uit die kas.
“Net nie my grys Grasshoppers nie!”
“Jy het die bleddie goed nog nooit gedra nie! Waarvoor bere jy dit?”
“Dalk kry ek dit eendag nodig, jy weet, as ek oud is en dalk probleme met liddorings het. Ek het dit vir ‘n bargain gekoop by Kara’s”
“Nou gaan koop vir jou iets wat jou minder oud laat lyk. ‘n Paar stapsandale sodat jy kan bybly as ons op die cliff path stap”
Fokkit. Net so se sy. Ek besluit om maar die vrede te bewaar. ‘n Huismoles in hierdie 24/7 situasie kan nogal pynlik wees.
“Kom Lewies.”
‘’Waarheen gaan ons.”
“Dorp toe. En bring jou beursie saam.”

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel hieronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van die Lê-Jou-Eier uitdagings, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Rambo Rabie se laaste avontuur.

“Dit was amper! Bloemin amper” dink Rambo Rabie en begin weer aanstap na die kruin van die berg, maar nou baie versigtig en op sy hoede . Hy het wragtag nie krag vir nog ‘n magtige sprong nie.
Teen laatmiddag bereik hy die kruin. Hy staan op ‘n hoe krans, daaronder is die see. Al sy moeite en ontbering verniet. Geen teken van menslike bewoning op die eiland nie.
Wat Rambo nie weet nie is dat daar 72 uur gelede ‘n tektoniese plaatverskuiwing op die seebodem was, ongeveer 3 000 seemyl suid van waar hy nou staan. Sulke ondersese seismiese aktiwiteite het altyd tsunami’s ten gevolge, en terwyl Rambo teleurgesteld oor die see tuur is is dit ook nie hoe nie of daai tsunami –golf bereik die rotskrans waarop hy staan en slaan hom in die see in. Soos die golf terugtrek word hy die diep see ingesleur.

Op daardie oomblik kom ‘n massiewe walvis verby geswem. Die walvis sukkel self in die geweldige terugsleurstroom van die tsunami-golf en maak kort-kort sy bek groot oop om asem te skep. So sleep daai kragtige stroom vir Rambo binne in die walvis se bek in! Die water maal en woel en rol hom daarbinne rond, maar dan gaan die walvis se bek toe en Rambo bevind hom as’t ware in ‘n diep grot. Slungels drillerige vlees hang van die walvis se verhemelte af soos stalagtiete. Die fosfor in die seewater veroorsaak ‘n sagte, spookagtige gloed wat Rambo in staat stel om sy omgewing te verken. Yslike bene, wat lyk soos massiewe ribbebene, wit soos Italiaanse marmer, strek van onder die kakebeen tot bo teen die kop. Dit lyk soos die gewelf van ‘n Gotiese katedraal. Mens sou ‘n ondraaglike stank verwag, maar dit ruik heel aangenaam daarbinne, amper soos ‘n shusi bar. Rambo staan so kniediep in die water wat wemel van ‘n menigte klein skupvisgediertetjies. Onder op die vloer is ‘n laag skulpreste, koeelrond gemaal soos spoelklippies.

Rambo gaan sit op ‘n tandagtige uitsteeksel en bedink sy moontlikhede. Geen lig gaan vir hom op nie. Uit pure verveeldheid skiet hy met sy kettie van die spoelskulpe teen die ribbebene. ‘n Wonderskone klank verbaas hom toe die skulp die been tref. Sommer gou kom hy agter dat die toonhoogte van die klanke verband hou met die area waar die skulp die bene tref. As dit hoog teen die been is, kom ’n hoe klank na vore, en laag ‘n lae dieper klank. In die middel is dit ‘n suiwer middel C. Voordat jy kan se “Andante fortissimo” weergalm die soet klokkies van “La Campanella” in die akoestiese ruimte van die walvis se bek. En nou ontdek Rambo nog ‘n verbasende feit, hoe vinniger die ritme van die musiek, hoe vinniger swem die walvis! En skielik sien hy hoop: walvisse migreer hierdie tyd van die jaar na die Kaapse kus, as hy lank genoeg kan oorleef kan hy hitch hike tot in die Kaap! En net daar trek hy weg met die Minute Waltz en die walvis swem! Rambo speel al hoe vinniger, hy speel die Minute Waltz later in 59 sekondes!

Maar al die kettie-skietery en die dag se avonture begin nou hul tol eis. Hy het vanoggend laas geeet, daai popopoepappel, en hy smag na spys en drank. Sy opwinding taan en sy gemoed sak. “Is dit erens in die groter bestel van die oneindige kosmos en die ewig-uitdyende heelal so beskik dat ek die lewe sal verlaat as ‘n walvisdrol?”filosofeer hy mismoedig.

In sy sak het nog ‘n popopoepappel wat hy saam met die eerste een gepluk het om later te eet. Ten spyte van sy nare ervaring knaag die hongerpyne nou so erg dat hy dink: “Waddehel. So kom ek om so kom ek om!” en hy eet gulsig van die soet vrug. Hy vat sy kettie en begin weer mismoedig The Minute Waltz op die ribbebeen-xilofoon uit te skiet.

Dan voel hy hoe die gevreesde drukking in sy gedermte opbou. Al erger en erger word dit. Die nagevolge van daai eerste popopoepappel het sy spysverteringskanaal verrek, en die gasvolume bou nou op tot 5 kubieke meter met gepaardgaande drukking. Onvermydelik volg ‘n geweldige gasontlading en die drukking in die walvis styg so skielik die hoogte in dat dit sy bek oopsper, en daar skiet Rambo uit soos ‘n prop uit ‘n sjampanjebottel!

(Fok ek raak nou gatvol vir ou Rambo. Ek het lus en laat dooi hom net hier. ‘n Swaardvis kan sy hart deurboor of ‘n moerse inkvis kan hom diep onder die water intrek waar hy stuiptrekkend versuip.)
Rambo trek so 10, 15 m deur die lug en val met ‘n plons in die water. Om hom is dit pikswart donker. Aan die hemeltrans skitter die sterre en hy vind Orion in die hemelgewelf. Hy bereken dat hy erens in die suidelike halfrond is, maar die kennis help net mooi niks. Hy trap water en swem en trap water en swem weer tot die dag breek. Water net waar hy kyk, en nie ‘n druppel om te drink nie. G’n land in sig nie.

Dan sien hy doer ver ‘n warreling in die see. Die water skuim en spat en soos die gewoel nader kom maak hy die buitelende lywe uit van ‘n skool dolfyne. Hy slaak ‘n sug van verligting. Dolfyne is darem nie vleisvreters nie. Die volgende oomblik pyl twee dolfyne reg op hom af. Soos hulle naderkom sien hy yslike glimlagte op hul visgevreetjies. Vriendelike dolfyne! Dan steek die twee hul snoete onder sy arms in en swem met groot spoed vorentoe, die res van die skool op hul hakke. Kort-kort ruil die dolfyne om en dan skep twee ander hom weer. Teen die middag kan hy land uitmaak in die verte. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd skep Rambo weer moed en hy tuur angstig na die kuslyn daar ver op die einder.
Rambo kan later vaagweg geboue uitmaak, en hoe nader hulle aan die land kom hoe duideliker word dit. Dan, meteens, so helder soos daglig, daag dit by hom: Dis Hermanus! Waar die walvisse die tyd van die jaar in die baai kom kalf!
En voor jy kan se “Hermanuspietersfontein” laat die dolfyne hom los by die ou hawe. Hy gee elkeen van die dolfyne in die skool ‘n dankbare soen en streel hul snoete. (Dit vat lank, dit is ‘n goot skool dolfyne)
Toeriste in die hawegebied en by die talle restaurante daar storm opgewonde nader. In al wat ‘n taal is babbel hulle in Babelse verwarring. Kameras en selfone flits en klik en zir. Rambo word soos ‘n held skouerhoog uit die water gedra. Almal wil weet wat het gebeur.
“Lees my merkwaardige verhaal in volgende week se Huisgenoot” se hy. “Ek is nou moer toe, ek het nie krag om julle te vertel nie. Ek wil nou eers my vrou bel om te se dat ek veilig is”
Almal bied hul selfone aan en sommer gou hoor hy haar geliefde stem

 

”Hallo?” kom dit hartseer en verdrietig.

“Vrou” se Rambo Rabie”haal die steak en die tjops en die wors en die sosaties uit die deep feeze. Ek gaan nou braai.”

 

FIN.

 

Nog verdere avonture van Rambo Rabie

Rambo Rabie Episode Drie

Toe Rambo Rabie opstaan, voel hy wonderlik verfris. Sy vel tintel en sy senuweepunte voel of dit sulke vonkies skiet. Daai massiewe gasontlading het natuurlik sy organe gesuiwer van alle soorte liggaamsgifstowwe, ‘n enorme detox. Hy voel so gesond soos ‘n free range eier. Hy stap voort met vaste tred, doelgerig soos ‘n kruisvaarder op ‘n missie.
Die plantegroei word al hoe digter en hy moet as’t ware deur die takke en blare roei. Gou- gou is sy voorarms vol bloederige hale, maar hy laat hom nie daardeur van stryk bring nie. Nee, hy stryk vasbeslote aan. “Kom hel of hoogwater” dink hy, “ek gaan vorentoe” Hoe verder hy vorentoe beweeg, hoe stiller word dit. G’n meer apies wat “hieggie hagga” of Kalkoengedoentevogels wat “Kweaakoel” nie. Doodstil. Morsdoodstil. Net die geritsel van die blare soos hy dit wegdruk
Skielik gryp iets hom aan sy een voorarm vas toe hy die plantegroei uit sy pad du. Hy ruk sy arm terug, maar verniet. Hy gebruik sy ander hand om dit wat hom vashou los te maak. Maar daar sit die hand ook vas! Toe hy mooi kyk, sien hy dat hy in ‘n massiewe spinnerak vassit! Die spinnedrade is dik, so dik soos ‘n vroulike motoris in Gauteng se middelvinger, en so taai soos Sticks like Shit-gom. Hoe meer hy spartel hoe meer raak hy verstrengel in die taai, klewerige spinnerak. “Shit” se hy, “nou sit my turf!” So ‘n ent bokant hom merk hy ‘n beweging. Dis ‘n moerse spinnekop! So groot soos ‘n Foksterrier. (Net met agt voete). Die spinnekop loer agterdogtig na sy prooi, hy ken nie die soort vangs wat hy gemaak het nie en vertrou nie die vrede nie.
Rambo Rabie weet dit nie, maar sy eie oupagrootjie was ‘n insekkundige wat hierdie soort spinnekop ontdek het. Tot sy eer het die Smythsonian Archaeology, Palaeontology and Entomology Institute die spinnekop na hom vernoem: Arachnida Rabie Rabies. Vandaar die Rabie. Wat die spinnekop besonders maak is dat sy gif hondsdolheid in sy prooi veroorsaak. Vandaar die Rabies. Ook maar goed die spinnekop weet nie dat Rabie Senior sy voorvader gevang en vasgespeld het (met ‘n koevoet) aan ‘n houtbord waar sy uitgedorde kadawer nou in die Smythsonian Archaeology, Palaeontology and Entomology Institute se smoking room (Gentlemen Only) pryk nie. Want dan sou daai spinnekop karma geeis het!
Intussen spook en spartel Rambo vergeefs om uit die spinnerak los te kom. Die spinnekop kom nou stadig teen een van die silwer spinneweefsels afgegly. Voetjie-vir-voetjie. (Dit vat hom lank want daar is agt voete) Rambo kan nou die ongedierte se oe uitmaak, koud en kil, ontdaan van enige emosie of erbarming. Rambo is nou vasgewoel soos ‘n mummie in ‘n doodskleed. Hy kan skaars asemhaal, sy longe is platgedruk. Die spinnekop steek versigtig een voet uit na Rambo, voel-voel waar sy liggaam ontbloot is. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Dan met die ander voet. Tevrede dat die prooi vreetbaar is kom hy nader, maak sy angswekkende bek oop, Rambo sien die doodsknypers oopmaak, hy ruik die vrot reste van die spinnekop se vorige maal.

En dan, met een magtige sprong is hy los!

Lewies die onopmerklike

Ek vermoed ek het ‘n baie onmerkwaardige gelaat. Ek sal vandag kennis maak met iemand, blad skud, iets se soos “Aangename kennismaking Piet” vir Piet mooi vierkantig in die oe kyk (soos my poliesman pa my geleer het, net skelms maak nie oogkantak nie.)

Piet sal tien teen een antwoord “Bly te kenne, Lewies” en dalk iets byvoeg oor die weer wat vandag darem anderster is. Kyk hoe waai die Suidooster, dis mos Noordwester se tyd..
Ons paadjies skei en ons slaan ons onderskeie koerse in.

‘n Week later loop ek vir Piet weer raak, daar in die wynafdeling van Checkers. Hy het ‘n bottel Kanonkop in sy hand en kyk met smagting daarna. Dan sit hy dit met ‘n sug neer en sit ‘n bottel BC Cabernet in sy waentjie. Dis mos nou ‘n goeie aanknopingspunt vir gesels.

“Jis ou Piet,” se ek. “Die wyn is darem duur jong. Deesdae het ek my smaak ook maar afgeskraal”

Piet ruk orent, kyk my agterdogtig aan. Onthutsing vliet oor sy gesig, so asof hy vermoed sy identiteit is gekloon.
Ek verlos hom uit sy verbystering.

“Dis ek Lewies. Ons het verlede Saterdag by die boeremark ontmoet”

“O,” se hy met sigbare verligting. “Nou onthou ek. Verskoon tog, ek is nie goed om gesigte te onthou nie.”

“Jou bakkies sal ek nie sommer gou vergeet nie” wil ek vir hom se, maar ek se dit nie want my ma het my goeie maniere geleer. “Met daai lang tande van jou wat soos pitte in ‘n misoes-mieliestronk sit” wil ek byvoeg.

Die een voordeel van sulke onakgesentureerde fisionomiese kenmerke is dat ooggetuies sal sukkel om ‘n identikit van die uwe saam te stel as ek nou eendag in die gereg se visier kom.
‘n Man is egter maar ydel, en dis vir my elke keer ‘n teleurstelling as een van die vroulike geslag wat ek nie so lank gelede ontmoet het nie my so vinnig in die vergetelheid van haar geheue liasseer.

As my gesig dan so gou vergete word, moet ek die ontmoeting dalk meer merkwaardig maak deur dit te knoop aan ‘n opmerking wat diep in die geheue sal inets Iets soos: “Glad to know you Mary. Show me yer tits”

Donker wolke

Die see is wild vandag
Grou onder donker wolke
Ek tel ‘n ronde klippie op
Dink aan jou
Vryf hom warm
Gooi hom teen die wind in die see in
Stormweer word voorspel

Eendag sal die see weer kalm wees
Spieelglad onder sagte wolke
Ver oor die baai
Sal die son deurbreek
Ek sal konfettibos tussen my handpalms vryf
Die bries sal die ryk kruiegeur die berge indra
Dit sal mooiweer en warm wees.

Die verdere avonture van Rambo Rabie

Ek het ‘n tyd gelede hier  vertel van Ranbo Rabie wat skipbreuk gely het en wat toe op ‘n suidsee-eiland uitgespoel het. So het dit die volgende dag met hom gegaan.

Nadat Rambo lekker gesmul het aan die kalkoengevogelte strek hy hom behaaglik uit. ‘n Mildadige lomerigheid sak oor hom neer en hy gaan le in die skadu van die bome aan die soom van die strand waar hy gou wegdommel in ’n diepe slaap.

Hy word wakker van die gekrys en krakeel van die kalkoengevogeltes. Hy voel uitgerus en sterk na ‘n goeie nagrus en hy besluit om die eiland te verken om te sien of daar tekens van menslike bewoning is.

Toe hy opstaan, begroet ‘n onheilige stank hom. Hy kyk om hom rond maar sien niks nie. Dan “Plops!!” val ‘n drillerige, grillerige bobbel omtrent so groot soos ‘outydse sopbord hier vlak voor sy voete.

“Fok!” roep hy vies uit toe hy die hoop gemors eien as die mis van die kalkoengevogeltes. Hy spring eenkant toe en merk met afgryse dat die plek waar hy die nag so rustig in die arms van Morpheus verkeer  het een hoop kalkoengevogeltestront is. Hyself is van kop tot toon besmeer met die onwelriekende ghrieserige uitwerpsel.

So vinnig as wat hy kan hol hy see toe en was homself in die reinigende soutwater.

“Fokken kalkoengevogeltes! “ brom hy. “Ek is lus en skiet sommer nog een vrek”

Hy bedink hom egter en begin aansuiker oor die die duine tussen die digte plantegroei die bosse in. Sover hy loop kwetter voels en roep apies “Hiegie hagga hiegie hagga!”  Hy bevind hom in ‘n lowergroen oerwoud waar allerhande soorte onbekende vrugte aan die bome hang. Hy pluk ‘n besondere lekker vrug, iets soos ‘n kruis tussen ‘n pynappel en ‘n popo, en eet te lekker daaraan. Die sap stroom van sy kiewe af en raak taai tussen sy welige borshare. Met groot verligting hoor hy die kabbeling van water. Vars water! Nou is hy ten minste van spys en drank verseker.

Voor hom strek ‘n groen grasvlakte en net daar anderkant sien hy ‘n biggelende waterval wat saggies en blink na benede tuimel. Hy besef nou eers hoe dors hy is na gister se vetterige kalkoengevogeltevleis. Hy storm vorentoe , hy kan al die koel genoegdoening van die water voel, toe sy bene meteens onder hom wegraak! Die groen grasvlakte is al die tyd ‘n suigsandpoel wat met groen alge oortrek is! Hy probeer sy bene uit die sand lig maar hy word net dieper ingesuig. Dan bemerk hy slinger bewegings in die donker suigsandmodder. Dis allemintige visse wat na hom aangeswem kom!  Dit lyk soos babers, maar die rye skerp tande in hul oop bekke laat hom vermoed dat dit ‘n oersoort piranha is! “O shit I’m shot! O shot I’m shit !” is die eerste gedagte wat by hom opkom. Gelukkig swem die piranhavisgedoentes moeilik in die dik suigsand en hy het ‘n oomblik of wat om ‘n plan te maak voor die skerp tandvlyme sy liggaam aan flarde kerf.  Skielik kom ‘n besef by hom op: hy het nie ‘n plan nie! Met ander woorde hy is gefok, solidly gefok.

Nou tref nog ‘n kwellende angstigheid hom: hy raak meteens bewus van ‘n verskriklike drukking is sy afdalende dikderm, nee, sommer die hele dikderm en sy dunderm en maag ook. Dis natuurlik daai pynappel kruis papajavrug wat hy geeet het en nou deur sy spysverteringsensieme en pepsiene  omgekook is tot ‘n Chaldeese heksebrousel.  Intussen waggelswem  die moordvisse al nader, hy kan al die wit van hul oe sien.

Dan, meteens en skielik, onsluit sy splintersluiter en onmiddellik ontsnap ten minste 4,5 kubieke meter ingewandsgas met ‘n onaardse geborrel. Suile suigsand  so hoog soos ‘n 5000 liter Jojo watertenk, nee, nog hoer, maak dit ‘n 10 000 liter tenk, skiet die lug in, en daarmee saam die baberagtige oerpiranhas wat so in die verbygaan driftig na hom hap. Terwyl die suigmodder en die visse in die lug is hol Rambo vinnig en droogvoets deur die poel. Hy haal die anderkant net betyds want nou begin die suigsand en visse weer neerplons in die lee poel.

Hy sak neer by die helder waterbeek en drink gulsig  sommer so op sy pens le hy en slurp die water op wat koel en salig in sy keel afgly.

 

 

 

Lag en die wereld lag saam met jou

Lag is darem ‘n snaakse ding. Dis niks anders nie as ‘n rits harde hikkerige geluide nie, sonder enige woordbetekenis maar gelaai met emosionele betekenis. So is daar die skelm laggie, die spotlag, die hartseer lag, die vermakerige lag, die hartlike lag van lekker samesyn. Lag kom ook in verskillede gedaantes,van ‘n sagte proeslaggie tot ‘n dawerende lag. Party mense lag so two stroke, hulle lag op asem in en op asem uit, op verskillende toonhoogtes. Hulle lag hulle self behoorlik uitasem. Dan is daar ook die skielike, onverwagse lag wat gewoonlik sonder enige rede kom. Die persoon  sal bv se “Vanoggend toe ek by my kar kom is die band pap” Geen rede vir ‘n gelaggery nie, maar hy sal dan bulderend en skril lag, ‘n geluid wat mens aan die geskal van ramshorings om Jericho se mure laat dink. Twee reaksies kom dan instinktief na vore, ten eerste skrik jy dat jy wip, en ten tweede oorval ‘n verleentheid jou omdat jy nou vir ‘n gelag skrik. Dan maak jy ook maar ‘n paar flou niksseggende laggeluide om die verleentheid weg te steek.

‘n Ander vreemde ding van lag is dat dit slegs die mense is wat  tande wys in ‘n gebaar van vreindelikhied. Okei, miskien oerang-oetange ook maar hulle is mos amper mense. Kyk, as ‘n hond vir jou sy tande wys is dit geen gebaar van vriendelike toenadering nie, maar ‘n besliste dreigement dat hy jou gaan byt.  So het die Hollandse koster van ‘n NG kerk daar in die Noord –Weste dit ervaar toe hy op ‘n warm Sondag ‘n lastige Foksterrier uit die kerk wou verjaag. Na die diens se die dominee vir hom “Dankie dat jy die brak uit die kerk gejaag het, Broer Koster. Maar dit was nie nodig om so lelik te praat nie.  Jy kon net gese het ‘Voetsek’, dan sou hy vanself gefokof het” Waarop die koster antwoord  “Maar Dominee, de donder dreigt mij dan!”

Sien, lag is lekker!

Jan Taks se enjin nou morsdood

Jinne Oom Jan Taks, daar staan dit in Vrydag se Burger op die voorblad “Jan Taks se enjin nou morsdood”. Ek hoop van harte Oom het ‘n baie goeie mediese fonds, want ons belastingbetalers gaan baie gatvol wees om Oom se enjin te jump start, ek ook, al het Oom my die afgelope jaar of drie met genade en goedgunstigheid bejeen. Nee kyk, Oom wil mos vir Oomselwers met domkoppe omring, kyk nou net daai antie wat op TV gepraat het. Sy is wragtag nie die skerpste potlood in die pencil case nie, om die waarheid te se ek dink haar punt het afgebreek. Ek wonder wat pay daai antie per maand. En dan het sy nog French benefits ook, soos hulle se. Ek glo dis van pure stress en benoudigheid dat Oom se enjin nou morsdood is. Nee wat, Oom moet hulle almal onner hulle vet gatte skop en mense aanstel wat die jop wil doen, en kan doen. Maar intussen spreek ek my diepe simpatie uit met Oom se toestand, en ek koester ‘n innige hoop vir spoedige herstel. Is die Antie darem ok? Se vir haar ek stuur groete

This WordPress.com site is the bee's knees