Hoor my Lied, of te wel Koebaai Litnet

Leef jou reis, Litnet my ou maat,

Maar nou gaat ek jou verlaat

Sedert 2008 het ek hier geskryf en gekuier

Maar nog langer? Nee ek weier

Ons blogville word oorstroom deur onwettige immigrante

Hul arrogansie grens aan die flagrante

Om kommentaar te lewer is ‘n moerse gestoei

Met Captcha se gesukkel wat ek so verfoei

Die meeste van my blogmaters het reeds verkas

En nou sit ek hier soos Piet Snot op sy gat

(ok, dit rym nou nie, maar “bas”

wat wel rym klink darem wragtig

bollie- kinderagtig)

So, liewe vriende wat steeds nog bly

Kom soek my by

Lewies Mymer.Wordpress.com

Ciao Litnet, it was nice knowing you

Toodle-doo!!

Lewies Emigreer

Hier is hy, my eerste blog op WP! So ‘n toets-probeerslag om te sien hoe my blog lyk. Nou moet ek nog net my blogs vanaf Litnet oordra dan is ek sak en pak hier.