Nineteen seventy three, it was a very good year

More is ek en Vroukie sewe en dertig jaar in die heilige verbind, eat your heart out Angus Buchan! Ja nee, sewe en dertig jaar gelede lyk ek soos one Greek god, nou lyk ek soos  one goddamn Greek. Ai, maar Vroukie is nog dieselfde chick wat my doerie jare laat swymel het soos ‘n werfhoender in die somerson.  Ek onthou daai herfsdag van April, die straatbome se blare wat lui en loom afdwarrel grond toe, die wasigheid in die lug asof die blou tanend swig voor die kilte wat ongemerk toeneem. Die Vrystaat het daai dag met 26-13 oor Noord-Transvaal geseevier, Joggie Jansen en Pikkie du Toit was…. ok, ja, Vroukie was pragtig in haar reinwit trourok wat haar ma met soveel liefde gemaak het. (Sy het ook die going away outfit gemaak, ‘n broekpak met ‘n baadjie met sulke baie knope, die knoopsgate moedswillig te klein, het ek later gedink toe ek oorweeg om ‘n spanner in te span om daai baadjie oop te knoop!).

Toe die dawerende triomfantelike gejubel van Mendelsohn se Troumars losbars en die gaste soos een man uit hul sitplekke ruis ( nie rys nie) het hoendervel van kop tot toon oor my getrek. Ek het net vir haar gesien. Ek het gevoel of ek sweef toe ek haar tegemoet stap. Ek het nie eens die verslae hartseer in haar pa se oe gesien nie, eers later op ‘n troufoto gemerk hoe bekommernis oor sy gelaat huiwer.

Van die predikant se boodskap onthou ek vandag niks nie. Was seker maar die welbekende gedeelte uit Efesiers waar Paulus die vrou tot ewige slavin van die man verdoem. Vroukie onthou dit ook nie. Daarna die onthaal, die lekker kuier met ons vriende en familie, baie van wie ons lank gelede gesien het en daarna ook nie weer nie, Ant Koek se Hoenderhaan, pragtige blomme, uithalerkos, Skoonpa wat ‘n kas bier vir die jong manne aandra, die geskenke oopmaak (stainless steel bakke, panne, skottels, potte en bekers was baie gewild daai jare). Die volgende dag Margate toe in ons rooi Fiat vir ‘n week in Oom Wynand en Antie Liz se vakansiehuis, hul trougeskenk aan ons. En wat natuurlik daarop gevolg het!

Die hoendervleis gevoel is nie meer daar nie, maar as ek Vroukie so skelm bekyk, is daar so ‘n rustige tevredenheid wat oor my kom, ‘n gevoel van verwondering dat daar in die grote skeppingsplan ‘n roete so fyn uitgewerk is dat ons twee se paadjies moes kruis, dat ons paadjies ‘n snelweg na geluk geword het, sonder afdraaie en ompaaie. Enkele slaggatewel, maar niks wat die rit teegehou het nie.

Dankie my lewensmater, my jou aan my sy is daar vreugde langs die steiltes!

So lyk Lykso

Anderkant Vryburg, op die voorstoep van die Kalahari, is die piepklein plekkie, nie dorp nie, sommer so ‘n stop langs die pad.

Ons was vroeg reeds op die pad en toe ons daar kom, had almal ‘n nood, en dis toe net die plek om die dou van die lelie af te skud. Die locals was al goed op dreef in die tavern, en die toilette het daarvan getuig.  Maar as die nood hoog is knyp mens maar die oe toe.

In die winkel het ons ons verkneukel aan die handelsware, daar was geen eienaar of assistent in sig nie. Toe ons nou so lekker kommentaar lewer oor die koddige plekkie, kom daar meteens ‘n kop  van onder die counter uit–dis toe die eienares wat daar ‘n hans boklam melk gee, nee man, uit ‘n tietiebottel uit! Moet nou nie stuitig wees nie!! Ons koop toe elkeen ‘n Coke om die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot te gee en daar gaat ons. 

 Ons wou ook brandstof ingooi maar die voorraad was uitgeput!

Dit lyk so lekker want dit is so lekker!!

En toe speel ek ook saam, want dit lyk so lekker.

THREE THINGS ABOUT ME:

1 Ek  is nie ‘n tropdier nie. Ek kan oorleef as ek alleen is.

2 Ek is ‘n totale regterbrein mens, erg verstrooid.

3 Ek is ‘n rebel without a cause, in opstand teen alles. Al amper gemoer oor my ikonoklastiese uitlatings, bv, nee wag laat ek nie goeie kuberverhoudings befoeter nie!

A THREE NAMES I GO BY:

1 Louis

2 oupa Louis Loeikie

3 Lawiees!!

B THREE PLACES I’VE BEEN:

1 Ventersdorp

2  Karatara

3  Lykso

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH:

1 ‘n Lekker moewie met breins

2 ‘n Cheetah Curriecup-finaal oorwinning oor die Blou Bulle

3 Vroukie as sy lekker lag

D THREE PLACES I HAVE LIVED:

1 Kroonstad, kleintyd. Wat ‘n wonderlike tyd , wat ‘n wonderlike plek!

2 Bethlehem, sjampanje-dorp.

3 Klerksdorp-my laaste rusplek?

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY:

1 Sandra

2 Christo

3 Beryl, met spesiale aanbiedinge vir die vergroting van DAAI orgaan. Maar sy het nie gekla toe… o, dit was Cheryl. Mmm, maar wie was Meryl dan?

F THREE THINGS I LOVE TO EAT:

1 Steers Burger

2 Cadbury tjoklits

3 Garage paai  (en Rennies!)

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND:

1 ..Iemand êrens?

2..

3 ..

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO:

1  Julie se kuier by die kleinste kiddies.

2 Lang naweke

3 As ek tuis kom na ‘n paar dae weg van die huis.

Ecce homo!! Siedaar,  Lewies van A-H!

Vanaand of nooit

Vroukie is op pad terug, so pas ge – sms sy en haar kollegas is in die dorp, eers kantoor toe om af te pak want die huur-kombi moet terug.

As verrassing het ek vanaand ‘n kerrierige hoender op die stoof, so ‘n bredierige affêre, lyk dit my, die keer volgens ‘n resep, gekry agter op ‘n Knorrox-boksie. Hier kan nie fout gaan nie, ek het die resep noukeurig nagevolg. Die boksie het wel bietjie nat geword in die hoenderstok maar die resep is nog leesbaar.

Ek het ook ‘n bottel lekker rooiwyn gekry by Checkers, Tall Horse Shiraz, ‘n beskeie wyntjie, sonder enig grootdoenerigheid, maar wat kop en skouers (Tall Horse nê) bokant sy prysgenote uitstaan, die plonkdrinker se Cabernet Sauvignon. Shirax is my gunsteling, daardie kruidagtige geur van varsgekneusde gras wat die gedagtes meevoer na ‘n mistige landskap tussen die…

O fok, wat brand so?!

Twee Lewiese aan die stront praat.

“Fokkit, en daar sit Vroukie nou weer vir twee dae in Rustenburg”

“Mmmm, en hier sit ek alleen soos ‘n uil op ‘n kluit”

“Darem lê ou Pamela hier by my voete.”

“Skrale troos. Wat eet ek vanaand?”

“Eers ‘n glasie plonk, net een”

“Ok, maar dalk twee”

“Nie meer nie”

“Nou wat sal ek eet? Pap en rooivis? Pap en chakalaka?”

“Nee wag, Vroukie het gister genoeg kos gemaak sodat daar vir vanaand ook sal wees”

“Nou dink sy ek kan nie vir myself sorg nie?”

“Wel, na laas…”

“Ja maar laas was ‘n ongeluk”

“Sy het nie so gedink nie”

“Ek het darem opgeruim.”

“Nie baie deeglik nie. Daar het nog roet aan die gordyne gehang”

“Onthou jy daai keer toe ek haar wou surpraais met appelkooskonfyt wat ek self gekook het? So uit Miesies de Villiers se  boek”

“Jy moes nie gaan gym het toe die konfyt nog gekook het nie.”

“Die plaat was dalk te warm”

“Daai bobbels wat so stadig opswel en bars, soos magma in ‘n vulkaan”

“Daai Vroukie wat uitbars soos Vesuvius”

“Fok. Ek moes daai pot weggooi en ‘n ander een koop.”

“Ons het hom nog by Antie Roos gekry as trougeskenk. Hy het sulke geel rose opgehad”

“Daai keer toe ek die hoender gebak het in appelkooskonfyt”

“Gelukkig kon jy die bak skoon kry met Zeb”

“Gelukkig ja, daai Franse potte is fokken duur”

“Daai keer toe jy poached eiers gemaak het en vergeet het om water in die pannetjie te gooi”

“Sjit, ek het nie geweet brandende plestiek kan so stink nie”

“Is daar een gereg wat jy met sukses kan maak?”

“Ja wel, ‘n ham, kaas en tamatietoebroodjie is darem nie buite my bereik nie.  Dis net wanneer ek die bleddie ding wil toast”

“Mmmm, dalk moet jy die toeklap toaster gebruik”

“Nog ‘n glasie plonk?”

Maak groot oop en sê “aaah”

“Geografiese tong. Mnr Lewies, u het ‘n geografiese tong” konstateer die dokter ingenome.

“wha.. wha, ish..”

“Laat ek net eers my vingers uit u mond kry dan kan u praat. U wou sê?”

“Geografiese tong? Wat op aarde is dit?”

“Laat ek net gou een van my naslaanwerke raadpleeg dan vertel ek u in leke terme”

Die dokter swaai sy stoel om en krap in ‘n boekrak. Dan swaai hy terug met ‘n publikasie in sy hand wat ontstellend baie na ‘n ou Reader’s Digest lyk.  Hy lek oor sy lippe en met ‘n frons op sy voorkop lees hy. Dan sê hy, “Geografiese tong is ‘n  kondisie van die tong”.   Hy klap die publikasie toe en kyk triomfantelik na my.

“Uhhm ja, dokter, ek dink dis hoekom ek hier is.”

“Inderdaad. Die kondisie manifesteer as beduidende orale ulkusse aan die papillae binne die mond, veral op die linguale perifere en surfaas.  Die voorkoms van die kondisie vergelyk met die geografiese voorkoms van kontinente soos dit uitgebeeld word in wêreldkaart”.

“Dok meen my bek lyk binne soos ‘n atlas? Amper soos my oë wat Maandagoggende soos padkaarte lyk!” sê ek met familiêre gemeensaamheid.

Die dokter sit regop. Sy oë flits skerp na my deur sy swartraambril. Hy kyk lank en stip na my. Ek kriewel ongemaklik op die deurgeskifte stoel. Dan vra hy met afgemete artikulasie, sy stemtoon gemoduleerd, maar subtiel dreigend. Hy klink soos Riaan Cruywagen wat die luisteraars waarsku dat die volgende videogreep ontstellende beeldmateriaal bevat wat sensitiewe kykers mag, wel, ontstel.

“Presies hoeveel drink u, Meneer Lewies?” Die s-klanke seil sissende  tussen sy tande deur.

“Nee, nee, Dokter, ek drink nie eintlik nie. Ek drink net met Nagmaal en deesdae gaan ek nie juis kerk toe nie, so…” My stem raak weg as die dokter vooroor leun. Sy gesig is naby myne, sy oë is groot en wasig agter die dik lense van sy bril, dit lyk soos lasagne in ‘n Pyrex bak.*

“Meneer Lewies, lyk my u ligsinnige lewenstyl mag aandadig wees aan u kondisie. As u in liggaam en gees gesond wil lewe moet u hou by hierdie maksim: Corpus sanum in mente sana”

“O, ek ken daai een van my Standerd ses Latyn dae af, maar dit het anders gegaan, Mens sana…”

“Nee, die liggaam moet gesond wees, dan is die gees gesond” sê hy met driftige oortuiging. Sy vinger wat hy hier voor my neus rondswaai ruik na KY jellie.

“Ek sal u ‘n voorskrif gee vir die kondisie van die tong”

“Kan Dok my dalk so ‘n paar dae afboek, asseblief?” vra ek opprtunisties, die vooruitsig van ‘n paar dae weg van die werk uitlokkend in my gedagtes.

“Nee! U kondisie reverdig nie ‘n siekte nota nie!  Werk is die regte medisyne, dit sal u aandag van u kondisie aflei. Is daar dalk nog iets wat pla?”

“Ja wel, Dok, noudat jy dit noem. Man jy weet, hier op my jare begin dit mos lol as ‘n man, jy weet, as ‘n man nou …as dit nou hier by die huiswerk begin kom…”

“Wat bedoel u, Meneer Lewies? Wat se lollery praat u van?”

“Jy weet Dok, ‘n man se kragte begin afneem” sê ek veelbetekenend, “ Afneem, af. Jy weet mos”

“U sal meer spesifiek moet wees, ek weet nie wat u bedoel nie.”

“Nee kyk Dok, die kwessie van styfheid, dinge wat moet styf wees is nie styf nie en dinge wat nie moet styf wees nie, die is styf”

“O, ek begryp. Maak los u broek en buk vooroor”

“Vir wat?” wil ek onthuts weet.

“Ek gaan u ‘n Voltaren-inspuiting gee vir die styfheid”

“Fok Dok, verstaan jy nie? EK kla nie oor die styfheid nie…”

“Meneer Lewies, u roekelose taalgebruik is vir my voldoende bewys dat u kondisie te wyte is aan u onbeheersde lewenstyl”

“Jy meen my tong ontwikkel beduidende orale ulkusse aan die papillae binne die mond, veral op die linguale perifere en surfaas omdat ek so nou en dan kru taal gebruik?”

“Juistemint, Meneer Lewies. Na my medies-gefundeerde opninie is dit een van die primêre oorsake. Meneer Lewies, sit, ons het nog nie die oorsaak van die probleem van u styfheid bepaal nie! Waarheen gaan u?”

“Ek gaan ‘n ander dokter soek, toordokter Malema Mushiwari sal my beter kan help!”

“Meneer Lewies, moenie die deur so hard klap nie!”

* Ek het hierdie vergelyking geleen (gesteel want ek gebruik dit gereeld!) by ‘n blogger, ek kan nie meer onthou wie nie. Dus, met erkenning aan die anonieme blogger)

* Ek het hierdie vergelyking geleen (gesteel want ek gebryuik dit gereeld!) by ‘n blogger, ek kan nie meer onthou wie nie. Dus, met erkenning aan die anonieme blogger)

‘n Brekfisrympie vir soet en stout kinnertjies

Vir almal met klein kindertjies en kleinkindertjies, en veral vir klein kindertjies en heel veral vir kleinkindertjies.  Hoop julle geniet die rympie.

Kos is op die tafel

Die tafel is gedek, ons is reg om te eet

Is alles hier, is niks vergeet?

Hier is die mieliepap in die kastrol

Daar staan die melkbeker, lekker vol

Die snye brood op mekaar gestapel

Botter en konfyt op die tafel

Kaas in ‘n bakkie, goue heuning in ‘n fles

Lepels vir die pap, vir brood en botter ‘n mes

Vir taai heuningbekkies ‘n servet

Kom, ogies toe vir ‘n dankie sê gebed!

Die Sondagmiddag van ‘n lekker lang naweek

Ek en Vroukie sit in die tanende koelte van die stinkhoutboom, soos die herfsblare val krimp die koelte. Die sonnetjie is geniepsig. die middag loom en lui. Sy het ‘n glasie rooiwyn, die whisky flonker ou-goud in my glas. Pamela lê uitgestrek hier by ons, haar hondehuid drink die herfshitte in. Vrede heers, mal Malema, Eskom, potholes en anderlike peste tydelik vergete.

“Jissie Lewies, die goggas vreet my op, die miere byt my en die muggies steek my. Kom ons gaan in.”

“Ok Vroukie, ek is ‘n jaloerse genoot in die eg. Ek laaik ok nie as my vrou gesteek word en ek is nie betrokke nie.”

“Lewies!!”

Abel leer die triek van die lektriek

‘n Tydjie gelede kuier Skoonpa vir ‘n paar dae hier by ons om Vroukie se verjaarsdag saam met ons te vier. Ten spyte van die somers agter sy rug, agt en tagtig van hulle, is hy nie iemand vir stilsit nie. Ek gee hom dus ‘n ekstensietol waarvan die konneksies binne in die plug los is en vra hom om dit reg te maak. Dis nou juis Dinsdag, die dag wat Abel die tuinman die tuin kom diens. Abel is egter iemand wat meer weet as wat mens hom sou toereken, of so glo hy, altans. As ek in die garage doenig is, staan Abel nader met raad en daad, meer van eersgenoemde as laasgenoemde. Soms trek hy my nerwe dun, maar ter wille van  ubuntu, simunye,  Vukuzenzele en *ke ?kerre !Ka hou ek my in. Toe Skoonpa nou so vooroorgeboë sit en met eindelose geduld die skroefies een vir een uitdraai en versigtig in die omgekeerde Toyota rubbermatjie se holtes bêre, swiep Abel soos ‘n arend op hom af.

Hier is die twee doenig. Steelfoto van Vroukie. (Ons het stout binnepret: hulle altwee het net sig in een oog, Abel kry ons so, Skoonpa se gesgisverlies is te wyte aan gloukoom, die een eenoog leer die ander een!)

Skoonpa se geduldsdrempel is baie hoog, êrens in die stratosfeer, en hy beduie vir Abel hoe om die plug te bedraad. Die groen draad is soos ‘n groen boom, hy is hoog en gaan by die verste gaatjie. Die rooi draad is die kragdraad, hy is sterk en gaan by die gaatjie van jou sterk hand. Die draad wat oorbly gaan in die gaatjie wat oorbly. Maklik. Abel knik instemmend. Maklik.

Toe Abel weer kom werk, vra ek hom uit oor sy saamwerkery aan die regmaakaksie. Die oubaas het hom mooi geleer, sê hy, en vertel my die bedradingspatroon.

“Dis nou maklik om te onthou, Abel. Watter een is jou sterk hand?”

Abel se oog verfloers. ‘n Peisende frons trek sooie oor sy voorkop. Hy loer na die regterhand, dan na die linkerhand. Dan daag begrip verhelderend oor sy gelaat, soos die sonsopkoms oor die Langeberge. Het daghet overal.

“Hier is my sterk hand” sê hy vas en seker en hou sy linkerhand uit.

O fok.