Size does matter

So in die jare van die Tsaar van Rusland en die Kaiser van Duitsland is daar ‘n simfonie orkes wat die wêreld vol toer. Eendag sien die orkeslede die ou wat die piccolo speel lyk nie te lekker nie. hulle vra hom wat is fout. “It’s this bloody piccolo” sê hy.

“What about the piccolo, what is the matter?”

 

“When we play for the Czar, he says ‘Fill their instruments with roubles’. You guys who play the tuba, the horn, the trumpet, you get many, many roubles, but the piccolo, he  take no roubles. But when we play for the Sherman Kaiser, he says ‘Stick zer instruments in zer back sides’. The tuba, he won’t go, the horn, he won’t go, the trumpet, he won’t go, but the bloody piccolo, he goes!”

 

Vleis

Vleis

 

Brommers zoem om die verminkte lyk tussen die bosse.

“Was sy twee, drie en veertig?” wonder Inspekteur Wannenburg.

“Kan nie nou sê nie”, antwoord  Inspekteur Namakele. “Wanneer het jy die lyk ontdek?” Die vraag is gerig aan Vleis Fourie

“Vroeg vanoggend.  Die honde het mal gegaan. Ek het dadelik die polisie gebel”

“Daai klomp by die charge office is fokken gevrek” brom Wannenburg.

“Mutimoord. Die ingewande is uitgeslag en die borste is verwyder”

“Kry nog koffie en vleispasteitjies,kêrels, is immers etentstyd” nooi Vleis.

“Uuhm, lekker pasteitjies” smak Wannenburg

“Self gebak, vroeg vanoggend” sê Vleis trots.

 

 

 

My poging vir die blitsfiksie kompetisie.

Wil julle die resep hê?

 

Uil op ‘n kluit in alleengesprek

Vroukie is Pretoria toe om ‘n werkswinkel by te woon. Sy kom eers Vrydag terug. hier sit ek soos Piet Snot en wonder hoe om myself sinvol besig te hou. Ek het selfs al gister se skottelgoed gewas, ek wou dit eers los vir die huishulp (polities korrek né!)

wat weer Vrydag inkom, maar besluit toe daarteen.

“Wat sal ek eet?”wonder ek

“Wat van gister se pasta?”

”Nee wat”

“Hoekom nie? Dit was lekker gisteraand”

“Gisteraand, ja”

“Wat van ‘n Steers burger of vis en tjips?”

“Ek wil nie nou ry nie”

“Wat van ‘n tjoppie braai?”

“Ek het nie nou lus om vuur te maak vir ‘n tjoppie of twee nie”

“Nou wat dan?”

“Daai bakkie biefstew wat ek by Checkers gekoop het met pap”

“Nice. Sê nou daai stew gee jou spuitpoep?”

“Sal maar die kans vat. Wat nie dood maak nie maak vet”

“Wat gaan ek doen om die aand om te kry? Lees?”

“Uhm. Jy is mos besig met Katvoet van Riana Scheepers. Maak hom klaar en kyk dan ‘n movie, daar lê ‘n paar DVDs en wag.”

“Onthou jy toe ek vir Riana by die Leeskringseminaar in Welkom ontmoet het?”

“Ons het etenstyd langs mekaar gesit en gechat”

“Sy het ‘n swart rok aangehad”

“Haar hare was blond”

“Die swart rok se hals was laag”

“Sjiek, nie waaghalsig nie”

“Die swart rok was kort”

“Sy het mooi bene”

“Sy was mooi bruin gebrand”

“Ek onthou sy het plat sandale aangehad”

“Daar was nie naellak op haar toonnaels nie”

“Sy het sulke klein toontjies”

“Soos jelly beans”

“Ok, dis nou al skemer”

“Tyd vir ‘n glasie plonk”

“Daar is ‘n bottel Robertson Ruby Red, ‘n special by Checkers”

“Minder as R20, 00 per bottel. Ek moet nog ‘n bottel of twee koop vir die naweek”

“Ek moet net nie die hele bottel uitsuip nie. Ek moet more Carletonville toe vir ‘n forum vergadering”

“Kak vergaderings daai”

“Maar dis lekker om vir ‘n dag uit die kantoor te wees en met ou kollegas te gesels”

“ Nou waar’s die plonk?”

“Nou praat jy!”

Sê hom! Sê hom sleg!!

Ek het so ‘n tydjie gelede gedreig dat ek ‘n paar inskrywings wat ek vroeër geplaas het, gaan herhaal, so half ter viering van my eerste verjaardag hier op die blogs, ook al lank gelede. So hier volg

Anatomiese skeltaal

Dis vir my vreemd hoe ‘n man in ‘n oomblik van skielike angina

vlot kan swets met sinonieme van die vroulike vagina

as ‘n motor roekeloos voor hom inswenk

is hy dadelik in ego en eer gekrenk

oor sy lippe stroom dit, sonder blik of bloos

Kan jy nie kyk waar jy ry nie, jou bleddie doos!

maar tog, vir daardie verleidelike stukkie anatomie

kan sy manlike begeerte nooit nee sê nie!

De beste in gans de wereld

 

Ek het hierdie rympie al vantevore gepos, maar gedagtig aan Sint Valentinus se dag more plaas ek dit weer, die keer as vVv (verspotte Valentynsvers)

 

 

 

 

Opgedragen aan mijn allerenigste, mijn eige vroukie

 

Mijn liewe vroukie, ek is zo blij jy is die oukie

wat myn van heel bowe ben gegeef

ganz mijn leven hier beneden saam te leef

ek lief jou altyd so veel en so baija

totlat ons eendag hiervandaan moet tsamaia

en zamen op een pienke wolkiekie

die ingelharpiekies laat tjie tjie !

mijn liefste lewensmater als ik jou gedenk

word de goorste dag een fraai geskenk!

 

 

Avatar

Ek en Vroukie het vanaand die Avatar- ding gedoen. Na die fliek sit ons en wag vir ons gedeelde pizza in Panarotis, elk met ‘n glasie wyn. Ons het altwee van die film gehou, lekker sci-fi intrige, fantastiese fantasie, maar ook ‘n lessie of twee: moenie Moeder Gaia op haar ê skop nie, sy kom terug met ‘n vengeance, en die Amerikaners is maar ‘n klomp fokkers. Wat my pla is die deus ex machina einde, so haastig afgerammel. Fokkit, daai regiseur het honderde laat sterwe in Titanic, as Jake die einde sou beërwe in Avatar sou dit dalk meer geloofwaardig gewees het. Maar dan, in ‘n sci fi fantasy is alles moontlik! Nietemin, ‘n genoeglike aand uit, ons het dit te lank gelede gedoen.

Blikke, koeke en koekblikke

 

 

 

“Jeeeslaaik Vroukie, wat maak jy met al die blikkies en botteltjies hier in die kas? Spaar jy vir die oudag? As ons eendag daar in Huis Westergloor sit kan jy jem kook vir die ouetehuis se basaar ter stywing van fondse en dit in die botteltjies verkoop”

 

“Grapgat. Mens kry nogal so af en toe ‘n botteltjie nodig om iets in te bêre”

 

“En kyk al hierdie koekblikke. Waarom bêre jy dit? Of gaan jy koek bak  met ons vyftigste troudag?”

 

“Ek bêre dit want mens kan dit nodig kry. Mens hoef ook nie net koek daarin te sit nie”

 

“Kyk net hierdie een met die blonde dogtertjie en die spaniels. Lyk soos die HNP se verkiesingsplakkaat daar in die sestigs: Stem HNP vir haar onthalwe. Bly blank my volk. Ek dink sy trek nou al seker ouderdomspensioen. Wat is die? Ek sweer dis koekkrummels van ons troukoek”

 

“Jy is baie witty vanaand Lewies. Die blikke pla jou nie, los die goed. Ek sal dit weggooi as ons nie meer nut daarvoor het nie”

 

“Onthou jy nog daai troukoek van ons? So ‘n witgepleisterde graf—lyk moer smart op die tafel en op die troufotos maar as jy die bleddie ding eet slaan ‘n sooibrand jou soos die vlamme van ‘n veldbrand. Troukoek, koue hoenderboudjies en warm sjampanje, die main ingredients van ‘n Boeretroue”

 

“En soenerige ooms en ‘n vuilbek seremoniemeester.”

 

“Tant Koek se Hoenderhaan en Kinders by Dosyne”

 

“Ons troue was darem nie so nie, Lewies, dit was lekker. Ek wens ons kon dit weer doen, ek sal selfs weer met jou trou”.

 

 Haar stemtoon is tergerig. Sy kom nader en vat my gesig tussen haar hande. Sy soen my so mwha-mwha op my bles. Haar stem is donker en ondeund. “En buitendien, jy was nog nooit onwillig vir daai troukoek nie!” Die “daai” is gelaai met suggestie, ek hoor die twienkel in haar stem. “Nie waar nie Skapie?” fluister sy in my oor. Skielik klink dit of die Hormoonse Tabernakelkoor die Aambeeldliedjieding in my kop aanhef,  die hamer en aambeeld slaan so four time, dit  klink of daai outjie van Noot vir Noot ‘n toeval agter die dromme kry, die stiebeuel ritteltit asof ‘n steeks donkie met hom bokspring.

 

“Vroukie jong, die braaivleisvuur gaan uitbrand en…”

 

“En wat dan? Dan maak jy ‘n ander een”

 

En toe band die vuur uit,

 

( maar gelukkig het ek gister ‘n sak selonsboshout langs die pad gekoop, en kon ek die vuur weer opstaart)

 

Nee man, nie selonsbos nie, sekelbos!

Trojaanse perd

Melankolie

Melan, Grieks, swart

Cholic , Grieks, met gal te doen

Dus melankolie, swartgallig

Fok, daai Grieke had ‘n manier om ‘n kak gevoel te verdoesel

Danaos timeo dona ferentur

 

(Ek vrees die Grieke as hulle geskenke bring, n.a.v die Trojaanse perd wat die Grieke aan die inwoners van Troje as “geskenk” nagelaat het)