Aanhaling: derde dag

So in my universiteitsdae het ek op hierdie antieke Griekse aanhaling afgekom. Dit het lekker rebels geklink in daardie tyd van rock musiek, Woodstock en die hele kulturele revolusie van die sestiger jare. Dink in terme van Rodney Seale, Koot Vorster en Lammie Snyman.

Hier is hy

Dionysus, dithurambe van die vors
Deur wyn bebliksem in my gees.

‘n Dithurambe was ‘n gewyde lied ter ere van Dionysus, god van wyn.

Ek het gister vir Vuurklip benoem. Hy het die benoeming galant van die hand gewys, maar tog in sy kommentaar ‘n aanhaling laat inglip: Hoë bome breek die meeste wind. Dankie Vuurklip!

Nou ten laaste tag ek vir Monica, Scrapy en Kleinkitti.

Lekker naweek vir almal wat hier lees.

Aanhaling – uitdaging: Tweede dag

Ek wou ‘n stigtelike aanhaling of spreuk hier plaas, maar jis, ek is nie ‘n stigtelike mens nie! Ek plaas dus, spesiaal vir die van julle wat die voorreg gehad het om op skool of andersinds kennis te maak met Latyn, die volgende:

Ne illegitimati te carborundum, in Engels vertaal as Don’t let the bastards grind you down, en in idiomatiese Brakpan Afrikaans, Moenie dat die fokkers op jou bal trap nie.

Ek benoem benoem Olga, Maryke, en Vuurklip om hul wyshede met ons te deel.

Aanhaling-uitdaging

Rondomtraliedraai het my getag om deel te neem aan die aanhaling – uitdaging. Ek speel graag saam.

The rules of the challenge are:
1) Thank the person who nominated you.
2) Post a quote each day for 3 days.
3) Each day nominate 3 new bloggers to take part.

Dankie vir die eer Tina!

Eerste dag:

My pa was groot op aanhalings, trouens, aanhalings het ‘n groot rol gespeel in sy opvoeding van die jonge Lewies. Ten aansporing van die jongeling had hy altyd ‘n gepaste spreuk byderhand. Een wat ek altyd sal onthou maan die toehoorder om wakker te wees en om vroegtydig gepaste maatreels te tref as gevaar dreig:

When you see a partridge,
Scurrying through the grass,
Fit an arrow to your bow,
For a man is sure to pass.

Ek benoem Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie. Drie in een. One’scut.