Baai baai bloekomboom

Ek het hier vertel van die bloekomboom wat doer in Augustus pasede jaar moleste gemaak het toe sy wortels ‘n waterpyp gekraak het. Die boom is toe uiteindelik gesnoei om te verhinder dat hy in stormweer omwaai. Daarna was dit weer ‘n lange stryd om die gat toegegooi te kry.Toe ek versoek dat die plaveistene teruggesit word, bevind die amptenaar van die munisipaliteit wat ‘n in loco inspeksie kom doen dat die boom inderdaad en na alles en desnieteenstaande alle vorige bevindings daterende van Augustus 2013 tog gesloop moet word. ‘n Paar dae later word die bloekomboom binne ‘n paar uur gereduseer tot kaggelhout. Nou kom ‘n owerste amptenaar van die munisipaliteit die saak  bekyk en sy oorwoë bevinding is dat die boomstomp met wortel en tak verwyder moet word. Wat toe wel gebeur onder  dreuning van ‘n laaigraaf, kettingsae en ‘n groot lorrie wat die dendroniese oorskot na die begraafplaas van gestorwe bloekombome verwyder.

DSCN6382DSCN6411DSCN6414

Daar gaan hy, met komplimente van Overstrand Munisipaliteit.

Toe plant ons die outjie in die hoop dat ons wel eendag in sy skadu sal kan sit:

DSCN6369

Waterpeer, Syzigium Guineense, Peerkie gedoop in die Lewies tuin. Gooi koelte, Peerkie!