Ja, pop bars my borrel. Fokkitie fok. Was dit Jonathan Kaplan se beste vertoning as skeidsregter? Nie dat die saak sou maak aan wie die wedstryd wen nie, van sy beslissings teen die Bulle was vir my ewe vreemd, maar dit sou dalk die frustrasie vlak verminder het. Nou ja, as jy teen die beste skrumskakel in die wêreld speel, teen die beste slotpaar in die wêreld, teen ‘n losskakel wat nie ‘n voet verkeerd sit nie en dodelik pale toe skop, teen die grootste skare fanatici, met ‘n losskakel wat meer ten gunste van die opponente gespeel het, sy nuwe span né, (jammer vir die insinuasie, ek bedoel dit nie), moet jy wragtag goed wees om te wen. Nietemin, die Cheetahs is nog steeds die beste span! Go Cheetahs, ek staan en val nog steeds by julle, van toentertyd se Vrystaat, tot in aller ewigheid!
Dit was ‘n goeie wedstryd nie waar nie. Ek moet se die Cheetah’s het uitstekend gespeel, baie geluk.
Ja, Lewies, ek sien en stem saam.fokkitiefok..
sela sela
Ai Poppie, is ‘n troosprys jong!
Jinne Lou, ‘n f woord, darem ‘n verkleinwoord, uit jou mond! Die bleddie rugby se skuld!
Hi Sonel!
Volgende jaar Flenters!
My bubble is al so baie keer gebars Annemari, maar die hoop vervaag nooit nie! Dum spiro, spero!
Amen!!
Sê ek mos ook, Anha!
Ag wat Oom Lewies. Ek vat maar die houe op die ken. My hart sal niemand raakslaan nie.
Dis hom Jan! Dis die gees!
En ek laaik blou! Soos in die middag op die hoëveld se lug, of die see daar doer ver op die einder, maar fokkit, daai bloublou geverfde bakkiesse soos Boudica se soldate pie my af!Hoop jy het ‘n A ok Sabbat!
Dit kon erger gewees het. Jy kon vir SWD geskree het.
Vanoggend lyk dinge darem beter Beatri!
Die keuses wat ‘n mnes moet maak in die lewe Papeslaai!