Einde September had ons ‘n verwoestende haelstorm hier in Klerksdorp, erge skade aan huise, karre en tuine. Die laaste herstelwerk aan ons huis is verlede Dinsdag afgehandel, en die tuin het weer kop opgetel. Vanmiddag kom die wind, en daarmee saam die onheilspellende doef-doef van haelkorrels op die dak. Ligte paniek in die Lewieshuishouding, ons sien nie kans vir ‘n herhaling nie, Yslike haelkorrels stroop deur die bome se lower en hop op die gras. Dit duur nie lank nie, maar die blare wat die wêreld vol lê is ‘n herinnering aan hoe dit kon gewees het. Dit het so vyftien millimeter gereën, welkome verligting na die versengende hitte van die dag. Nou nog dreun die weer in die verte. Pure musiek in hierdie droë geweste.
En nou gaat ek kiep met daardie musiek in my ore. Goeie nag, Suid – Afrika!
Lekker slaap! Dars niks wat mens so magteloos moedeloos kan laat soos die natuur/weer nie!
Lekker slaap met die moeder natuur se wiege lied 🙂
Ja. die reen was ‘n lafenis na die hitte.
Lewies, jy skryf taalkundig baie korrek en netjies. Ek waarborg jou driekwart bloggers sou Lewieshuishouding as twee woorde geskryf het.
Op deze dag schreef ik mijn eerste blog.
Welk weer wij toen hadden weet ik niet meer.
Maar echte winters komen hier bijna niet meer voorbij.
Vriendelijke groet,