Afrikaners is plesierig

Nou nadat ek gisteraand saam met Tronkie en ander doef-doef bashing gedoen het, mymer ek oor die Afrikaanse psige–wat is dit in ons koppe dat sommige van ons so opgetrek is met toilethumor en ander platvoerse bedrywighede? Ek weet nie of daar ander is wat eendersgesind is nie, want Leon Schuster is ‘n bleddie miljoenêr agv kakhuishumor, sommige “sangers” is skatryk omdat jou, hou en blou rym (ook daardie poëtiese epitoom, “wys my jou mys”) (goddank het ek nog nie daardie stront gehoor nie!). Ons (hulle) word meegevoer deur die Leeuloop, harde Skud jou boude -musiek by Mr Meat City slaghuis op ‘n Saterdag, (te veel) brannas en Coke en “die fokken ref” in verlede Saterdag se game. Is ek volksvreemd omdat ek so nou dan op ‘n Sondag weemoedig raak as ek Mozart se Klarinetkonsert luister, omdat te veel brannas en coke my laat kots, omdat ek nie ‘n fokken clue het hoe Thys die Bosveldklong se musiek klink nie?

9 thoughts on “Afrikaners is plesierig”

  1. haha – lewies – kakhuishumor – erg!! amper vra ek jou om met my te trou, want as jy Mozart luister, is jy mos net reg.

  2. lewies , wie is daaaaai bosveldklong dan? en wil jou DIT seg ………jy is reg , net ‘n fikkin lot kakhuishumor. wel eintlik beledig ons die ‘troon’

  3. Lewies, ek hou nie van Schuster se goed nie. Hy’s wel ‘n baie goeie sakeman. Ek sien in die koerant hy het nou ‘n liedjie oor Luke Watson. Opskrif: ‘Ontstelde Schuster gaan Luke boksem’. Ek meen dit moet eerder wees: ‘Ontstelde Schuster gaan weer rol in die geld’.

  4. As ek my in die geselskap vind van gewaardeerde bloggers soos Tronkie, Flentergat, Earth Angel,Lou , Pruim, Leon en Berwick, dan bedaar die gevoel van volksvreemdheid. Tronkie, ek sal daai deng waarvan jy praat, moet ondersoek! Ek is nou so sku om weer my rieme styf te loop met bandwydte wat my in die middel van die maand in die steek laat, dat ek dankie sê aan almal wat kommentaar gelewer het op hierdie manier. As julle dink ek is luisgat, sê so, dan eerbiedig ek maar weer die protokol.

  5. Lewies, daar is ander meer gekultiveerde mense ook, om een of ander rede is dit bietjie moeilik om hul te vind. Soos een ou nou die dag vir my se: Pretoria het hierdie skurwe reputasie, maar probeer jy nou 6 maande voor die tyd kaartjies kry vir ‘n opera wat gaan wys in die staatsteater – good luck! Oor Leon Schuster: Ek dink hy werk op die beginsel van dat daar elke dag nuwe suckers is. Ek dink ‘n groot persentasie van sy mark is tussen die ouerdom van 7 en 13 🙂 Lees ook die liedjie debat op SeNet, baie interessant.

  6. Darem nie alles wat jy hier bo noem is kommin nie.Thys is wat hy is, sonder pretensie. Gaan luister gerus.Mozart is soos sterk mosterd, jy kan dit handle of nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s