Is daar hartseerder musiek as die weemoedige harmansdruptone van Stille Nag soos gespeel op ‘n Hammond orrel op ‘n Sondagmiddag teen die setting van ‘n ouetehuis in ‘n dorp wat sterwend van verwaarlosing is. Ons was vroeër vandag in Kroonstad om by Skoonpa te kuier in die kompleks waar hy ‘n woonstelletjie het toe daai treurige note die warm someroggend vul.
dis nou ‘n ding wat ek min like
Ja o hemel Lewies, dit sou my ook nogal gegooi het. Ek kan my indink…
hello :)hartseer, mooi en depressing….Re:Nee, daar was n drukkersfout gewees, dit moes anties oor 70 gewees het!!!
Pruim, Tronkie en Kitty, veral die tyd van die jaar.
die hartseerste was ons buurman se mondfluitjie 2:00 in die oggend vir ‘n jaar na hulle seuntjie dood is aan kanker. toe trek hulle en toe bly net die stilte