Hi Insomnia!!

Morpheus, o Morpheus, wat het ek gesondig
Dat jy my van soete slaap ontneem
My nagrus so kortstondig
Van alle droom vervreem
Nie eens ‘n nagmerrie my beskore
In die laat ure van die nag
Terwyl ek smag na die more
Die aanbreek van die nuwe dag

11 thoughts on “Hi Insomnia!!”

  1. Jy is reg Maankind, dit gebeur wanneer die alien ruimteskepe naby aan die aarde wentel, dis hul uitlaatgasse wat ons so affekteer!

  2. julle eks jammer… maar dis als my skuld… ek en ou klaasvakie het so struwelingtjie en nou kom hy ni by di ander mense uit nie..

Leave a comment