Seil slang, seil!

Ek sit so en dink oor die werk wat ek doen in ‘n omgewing waar werksprosedures byna daagliks verander en kommunikasie so te sê nie bestaan nie, en die beeld van ‘n slang wat oor ‘n pad seil kom by my op. Ek is die slang, en dis my werk om oor die pad te seil. maar nes ek op spoed is, kom ‘n klonkie met ‘n stok en moer my plat. Dan begin ek maar weer, net om weer gemoer te word. Hoeveel keer kan ‘n ou gemoer word voordat jy besluit: Tot hiertoe en nie verder nie!

13 thoughts on “Seil slang, seil!”

  1. Ja lewies – ‘n hond of ‘n slang ook laat hom net ‘n paar keer slaan en dan raak hulle moerig – pik hulle soos jy vir Chris Barnard gepik het – hulle sal 2x dink dan.

  2. Moet nooit pik nie, jy word betaal om te seil; nou moet jy nog leer om te duck en dive. Wanneer jy die dag kan seil en duck en dive sonder om te pik, kom jy by die moeilikste deel; om te leer gatkruip en laastens om korrup te wees. As jy vir die staat werk, sal jy dan pas die hoogste trap bereik het; die volmaakte staatsamptenaar. As jy nie vir die Staat werk nie, sal jy dan al naby die tronk se deure rond seil. Voorspoed ou vriend.

Leave a comment