Ja, joune ok!

 Daar in die Kaap sien ek hierdie grafitto op die mure: “Jou ma se epos”. Glo die handewerk van ‘n disleksiese bergie.

Met die terugkom slaap ons in Victoria Wes oor. Ek stop by die bottelstoor vir ‘n ietsie teen die koue. Daar is ‘n oompie besig om die assistent, ‘n jong meisie, aggresief te treiter, tot sy vir kom sê: “Kry jou ry” Pront snou hy haar toe: “Jou ma se gat” “Jou ma s’n ook”, antwoord sy.  Nou is die ou erg gekrenk “Jy moenie so van my ma praat nie!”

13 thoughts on “Ja, joune ok!”

  1. Ek is bly jy’s terug en totaal ongeskonde.Ek is ook weer by die huis. Net miskien slaap ek vannag – die flippen vreemde beddens!!Jy’t oulike kleinkinders..

  2. Hi Lou, ja die plesier van tuiskoms, en om jou huis se eie reuk te kry. Dankie oor die kleinkinders, een van die dae is jy ook in die geledere.

  3. Hi Therina, ek het hom maar so bietjie gesensor vir sensitiewe lesers! Vasbyt en deurdruk daar innie Kaap!

  4. n outjie van die kaap hol resies teen n transvaler. die transvaler is vet. die kaapse outjie n atleet. wie wen? die transvaler! die kaapse outjie het eers onder die brug gestop en “jou ma se e-pos” teen die muur geskryf.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s