Vroukie het die fotos gister geneem op pad Kroonstad toe.
Ja, die ou Vrystaat is mooi! Die gras geil en in die saad, die stingels blink en buitel in die son. Is maar my hartland, die.
Vroukie het die fotos gister geneem op pad Kroonstad toe.
Ja, die ou Vrystaat is mooi! Die gras geil en in die saad, die stingels blink en buitel in die son. Is maar my hartland, die.
Jis daai gras staan mooi. Ek wonder partykeer of daar nie ‘n manier is om die goed te oes en dit in brandstof om te sit nie. Ek meen nou anders as om ‘n bees daarop te laat wei.
God’s own country, inderdaad!
Was so lanklaas daar, dis lekker om te sien dis so mooi. dankie vir die foto’s
Tjek die natuur, sien jou gat!
Ai, bly maar mooi
Twee vlieë met een klap. laat die bees wei en maak brandstof van beesmis-Rooi Afrikaner oktaan–ons steek die berge oor !
Dankbare wêreld Thomas!
Ons mis jou Monica!(Kan mens werklik die stof van jou skoene afvee en nie weer terugkom nie?)
Is so Katjie!
As die wêreld jou eers gebyt het, klou die herinnering soos ‘n neet!
Dis natuurlik waar – mens hoef die beesmis omtrent net in water te gooi – net jammer jy het ‘n Sasol-aanleg nodig om die metaan in petrol te verander. Dit werk egter lekker om mee te kook.
Lyk nogal soos daar in Caledon se wêreld.
Mooi, mooi, mooi, een van die dae is dit ons reën-beurt! Dankie vir die inloer by my.
Ek kan dink dit maak ‘n boersevrou se hart bly!
En net so dors Murphy, hulle suig jou leeg dat jy soos ‘n ou Boesman lyk!
Lekker wêreld, Lo-Ammi!