Duimpie se maat

Gisteroggend weer dr toe om die wond skoon te maak en te beoordeel vir ‘n veloorplanting. Vroukie gaan saam vir morele ondersteuning en om haar self te vergewis van die toedrag van sake.

 

“Dokter is nie vandag in nie” deel die ontvangsdame ons mee. ” maar Dokter het my aangsê om die wond skoon te maak en nuwe verbande op te sit.’

 

Sy lyk heel tevrede. “Kyk, hier is nie meer bloeding of wondvog nie, die weefsel is pienk, wat beteken dat daar bloedvloei is.”

 

“Wag eers!” roep Vroukie skielik. “Ek wil gou ‘n foto daarvan neem” Sy klink soos ‘n smetjoernalis wat ‘n scoop ruik vir die nuutste uitgawe van Son. Sy vroetel in haar handsak op soek na haar selfoon. Dit klink soos ‘n somer warrelwind in ‘n skrootwerf. Ek poseer die vinger en Vroukie snêp soos ‘n bedrewe mammarazzi.

 

“Dokter het nog plek op sy operasielys vir Maandag. Kom so tien uur se kant hospitaal toe. Ek sit jou op die lys vir 16:00” sê die ontvangsdame cum nurse.

 

Dankie tog. Wou dat hierdie bitter beker van beproewing dan teen volgende week hierdie tyd tot die droesem geledig is!

 

 

26 thoughts on “Duimpie se maat”

  1. Baie sterkte Lewies. Die prosedure gaan ‘n groot sukses wees. Puik metforiek: “Sy klink soos ‘n smetjoernalis wat ‘n scoop ruik vir die nuutste uitgawe van Son.”

  2. Ek het gaan teruglees oor jou vinger. Wat presies het jou gebyt? Hoop nie dis ‘n viooltjie spinnekop nie?Waar is die snappie wat vroukie geneem het?

  3. Dankie Spokie! Ek glo darem nie, weet net nie wat die spinnekopgif oor die langtermyn aan my brein gaan doen nie!

  4. Hallo Liz, ek het gaan nalees oor die outjies, lyk my dit kan ‘n sakspinnekop wees. Ek sukkel met die snappies, sal weer probeer.

  5. Flippen spinnekop!Ek is nou baie meer versigtig en moor voor die voet en Doom.Dink aan jou en weet dit kan nie so seer wees nie.

  6. Nee man, soos ek beduie, ek sukkel om die goed van die selfoon af te laai. Dankie vir die naweekwense, en netso vir jou en jou naastes, brakkies en lammertjies ingesluit.

  7. Ek stem, Raid werk soos n bom! Hulle pootjies(kloue) trek saam en binne sekondes is jy ontslae van enige ongenooide gaste! Ek verkondig dit luidkeels! My kidzs in die klas weet presies hoe ek voel oor Spinnekoppe!

    1. Wat ‘n verrassing dat jy die ou inskrywing lees! Dankie! Die Vinger is nou een honderd persent ok, maar die arachnafobie duur voort!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s