“Lewies, wanneer sit jy ‘n nuwe lig in die kombuis in? Ek het jou mos al lankal gevra”
“Jong, Vroukie, die rugby gaan nou begin. Dis mos die toets teen die All Blacks”
“ So dit sal nie vandag wees nie. jy sit mos altyd en suip as jy rugby kyk”
“Ai Vroukie, ek drink mos net een of twee whiskys”
“Een of twee te veel. Ek weet mos.”
“Ag fok Vroukie, jy moet mos nou nie so wees nie…”
“Moenie met daai houding by my kom nie. En jy weet mos ek hou nie daarvan as jy lelik praat nie.”
“Ag fok, Vroukie, “fok” is mos lankal nie meer ‘n vloekwoord nie. Dis hoeka deel van die omgangstaal”
“Mag so wees ja. Maar eers is dit “fok” en dan is dit mos ‘n hele geswetsery”
“Nee, Vroukie, nou oordryf jy. Jy weet mos ek is nie so nie”
“Ek weet. Die hele ding het nou begin omdat jy nie die lig insit nie. Dis donker in die kombuis, die een buis wat nog werk is mos nie sterk genoeg nie!”
“Ok Vroukie. Ek sit hom nou in. Dis mos nie ‘n fokken moerse groot job nie”
“Sien jy nou! Ek het jou mos gesê! Een “fok” en dan is dit ‘n geswets!”
“Ag Vroukie! Ek terg jou mos! Lekker uitgevang”
“Hmmm. As jy die lig ingesit het moet ek mos dankie sê, nie waar nie?”
“Hehehe! Net so! En die Bokke speel mos in elk geval kak!”
Dit was mos nou ‘n lekker tema!
Maar jy het mos nou gebieg lewies!!
baie goed lewies. ons is al op bieg. waar was jy?
Ek het nog drie spaar buise hier by my. As die tannie mos nou meer as net een keer dankie wil sê!
Gou weer opgevang hier by jou – altyd lekker om die saga van Lewies en sy Vroukie te lees!
Hoop nie Vroukie m!*r jou met die f#^^*n buis oor die kop nie.
Mooi, jy vloek mos nie..Kom ons hoop die bokke speel vandag beter lewies
ooooo, my nerves is sat Lewies, ek kannie eers ‘n slukkie vikkin wyn vat nie
Dit was mos nou ‘n interessante gesprek.
🙂
Hehehehe, Monica, waaroor nogal?
Fekns Maankind, ek waardeer ‘n kompliment van jou kant af. (Ook die shiners!)
Ai Verskriklik, die dinge waaroor ek moet bieg is nie goeie leesstof nie.
Dis hom Kerneels, a friend in need is a friend indeed!!
Soos ‘n GPS!
Hi Tronkie, ek ween oor SA rugby!
Ek waardeer jou kuier op my werf, Henry!
Dis ‘n occupational hazard, Rosiedoring!
Fokken bokke!
Meestal eenrigting, Pape!
Hi Thomas, en fenks virrie shiners!
Lees my nuutste post oor die bokke oppie stoep
Dit lê by die skrumwerk en die laagvat, dink ek!
Verblindende lig!