(Lykdig vir ‘n kollega en vriendin)
Ek hoor die klanke van jou klavier in jou kantoor
Ek hoor die harmonieuse dreunsang van jou kore
Ek hoor jou geesdrif as ons ‘n nuwe projek bespreek
Ek hoor jou euforie as ons nabetragting hou
Ek hoor die speke sing as jy vertel van die Argus
Ek hoor jou verlange na jou liefkind in London
Ek hoor die kommer oor jou man se diabetes
En toe hoor ek jy is dood.
Mooi stuk lewies. Sterkte
Ag Lewies ek is so jammer! xR
liewe genade, hel Lewies. dis erg. sterkte
Die gemis van ‘n vriend/in is maar nie lekker nie
Ag hene toggie, Lewies….dis tragies.Jy is dierbaar om dit vir haar te skryf.
Ek het in die koerant gelees – sy’t kore gedoen, nie waar nie? Die dat my oog dit gevang het. Sterkte vir die deurwerk van die verlies.
Lewies, dit is hartseer wat geen salf kan genees nie.Sterkte vir julle.
Dankie Ouboet.
Hi Roosmaryn.
Hallo Pruim.
Net so Rosiedoring. Die memories bly.
Dankie Modderkoekie.
Ja dis tragies Lou, sy was ‘n toonbeeld van mens sana in corpore sano (gesonde gees in ‘n gesonde liggaam)
Hulle is ‘n familie wat vir mekaar omgee, ek dink dit help.
Hi Katrina, dit was haar passie.
Dankie Kobus.
Ja, ek dink so. Herinneringe is te kosbaar om verlore te laat gaan.
Ai, Lewies.
Kort en kragtig en vrek sad!
Lewies dis hartseer…klink of sy die lewe voluit geleef het.
Die skielikgeit van n naaste medemens se dood ruk n mens altyd uit jou waansin van gemaklik en verewig lewe.Vir my baie mooi en raak geskryf.
Hi Clari.
Sad voorwaar Nika
Sy het Zeppie, sy was ‘n legende hier in ons dorp
Dankie Ou Top.