Vanmiddag so teen half vier se kant besluit ek ek het nou genog gehad van werk, ek gaan die pad vat. So sonder Vroukie voel ek roekeloos, ek wil iets doen wat ek nie gewoonlik doen nie, ek voel soos ‘n lokasiebrak wat aan ’n ketting vasgemaak was en nou skielik losgelaat word. Ek wil iets doen, maar weet nie wat nie. Nou slip ek maar werk en gaan gym toe. Verbeeldingloos, ja. Maar gesond vir liggaam en gees, en wel ja, dalk vir die oog ook!
Thembi, ons veelbesproke burgemeester se sekrateresse of PA of so-iets, het dieselfde idee. Sy parkeer haar BMW neffens my Toyotatjie. In Afrika terme is sy ‘n mooi vrou, net jammer haar een oog is so dwalend. As sy vir jou kyk, fokus hierdie oog so vyf en veertig grade noord-wes. Maar hier staan sy by haar Beemer, krappend in haar handsak.
“I’ve lost my kakkies” lamenteer sy.
“Your what?!” verneem ek hulpvaardig. Dalk kan ek help soek
“My kakkies”
“Your kakkies?”
“Yes, my kakkies”
“I wish I could lose some of my shitty things too” korswel ek vertroostend.
“ No Ntate, I must pick up my children”
Het daghet overal. Haar car keys! My magtag, sy sê mos so! Of amper so.
“Maybe it is still in your office,” bied ek aan terwyl sy nou freneties skrop in haar handsak. Sy kyk effe gestoord op, ‘n verwonderde frons op haar voorkop. Die mank ogie swaai suid-oos.
“In my office?” wonder sy.
“Maybe, you could have put it on your desk”
“Oh Ntate, you are right. I am sure my kakkies are on my desk. Thank you!”
Ja fok. My kakkies dra ek saam met my.
Ek het nou my lekkerste lag vir die dag gehad!!! Baie baie dankie! So goed geskryf!
dankie Druktyd! En welkom hier op my werf!
Mirrag Lewies!
Heerlike Lentedag vir jou Lewies
Haai Silly!
Holadrihoeee!
:-)Ja . . .Ek’t nou die dag gesukkel met “buzzeries”(nie ‘n by-plaas nie)Bur-sar-ies.
Ken jy ‘n wiehaaikil? (Vehicle)Welkom hier op my werf!
vok nou hoelank gat jy nog rus!
Skerp Oom … het jy gesukkel om ‘pekking’ te kry?
I’ll be back!
Die bleddie wekkas vat al die pekking!