Koebaai Krismis

Die laaste Krismisgaste het vanoggend die pad gevat. Die kar was nog nie mooi om die draai nie toe is die Krismisboom, die Krismisliggies, die Krismiskrans gebêre. Al wat nog aan Krismis herinner hier by die Lewieswoning is Krismisskuld en Krismiskilo’s. 

Maar ek het darem ‘n laat Krismispresent ook gekry, kyk net hier:

Dear Lewies, 

 

By way of introduction, my name is Veni Govender, PA to Jaco Nel of Exclusive Books.

 

Congratulation on winning the book hamper for the Dekat Competition.

 

Please can you advise me which Exclusive Books store I send your prize to, as we (Exclusive Books) do not post book hampers.

 

 

 Thank you and

 

Kind Regards

 

Veni Govender

Vroukie het vir my ingeskryf en Bingo!! daar wen ek/sy die geskenkpak van 10 boeke:

Spoor Deon Meyer

Samoersa reis Johan Bakkes

Tabernakel Annelie Botes

Kitchen Nigella Lawson

Somerkos in Provence Marita van der Vyfer

Conversations with myself Nelson Mandela

Cooked out of the Frying Pan Justin Bonello

7de Laan Kookboek

The making of Spud, the movie

Die sneeuslaper Marlene van Niekerk

Ek is behoorlik in my noppies. 


22 thoughts on “Koebaai Krismis”

  1. Nou gee ek vir jou nog 5 sterre ook – jeeeeez, jy is so so so so lucky!My buurvrou het vir haar man Spoor gekoop, ek wag net tot hy klaar gelees het, dan leen ek dit.

  2. Noudat stilte hier neergedaal het kan ek rustig lees (en kyk ook, ek hoor die Nigella chick het nogal ‘n visuele impak!)

  3. Hey lewies, daai somerkos is baie volksvreemd ek dink jy moet hom maar vir my stuur dat hy nou nie soos ‘n seer duim op jou rak uitsteek nie…..

Leave a reply to HeavyHenry Cancel reply