Nou ja, daar is die derde katastrofe nou ontbloot. Gisteraand kom vriende by ons kuier, vanoggend staan die skottelgoed stapelhoog. Hmmm, dag die uwe, hier is ‘n geleentheid om die aandele te laat styg. “Moenie worry nie Vroukie, ek fieks die skottelgoed een, twee, drie.” Ek is mos ‘n boffin met die ding. En wie weet, dalk is daar payback in die vorm van SMS,(of is dit nou SMK?) Gits, dat daai klein maar besondere detail nou moet verlore gaan in die macula van ‘n senior wordende geheue. Terwyl ek nog so ywerig aan Mr Price se wynglas afdroog, breek die glas in my hand. Nog voordat die skerwe op die vloer spat, drup die vet bloeddruppels soos lentereën op die vloer. Nog ek nog Vroukie is behendig met die soort ding, maar op haar aanbeveling ontsmet ek die wond in ‘n sterk Savlon oplossing. Die bloed bly egter vloei en Vroukie sê ” Drup staaldruppels op om die bloeding te stop”.
“Jinne Vroukie, daai goed brand soos vuur op ‘n oop wond!”
“Kan nie erger wees as geboortepyne nie. Ek is al twee keer daardeur. Moenie ‘n sissie wees nie”
Ja maar jy het nog nie ‘n skop in die knaters gehad nie, wil ek sê, maar ek swyg en drup die staaldruppels op. Bliksament!! As geboortepyne erger is as dit is dit ‘n wonder dat die mensdom nog bestaan.
Maar hier sit ek nou, met ‘n pleister op die vinger en lus om ‘n glasie te skink terwyl die lenteson in die weste taan. Glasie? Nottendem! Skink hom in ‘n blikbeker!
Nie glas nie – ons weet immers jy breek dit net.
hehehe… siestog … nou behoort die gestel darem op te knap na die bloedlating en die staaldruppels – eish – eina!
Dit klink vir my regtig die gedagtes het bietjie te veel gedwaal toe daardie glasie afgedroog is….
Shame! BTW, my oom het nou die aand in die bad geval, en sy kop oop geval, die dokter het vir hom gese staaldruppels is glad nie so goed nie. Maar dit was op ‘n kop wond, weet nie of dieselfde tel vir ‘n vinger nie.Baie braaf van jou om die pyn soos ‘n man te vat! π
Jy moet fokus, Lewies!:D
julle manne breek die skottelgoed sodat die diens wat aangebied word, maar liewer van die hand gewys word
Dis hoekom ek skottelgoed was vermy en die takie delegeer.
Nou weet ek!!
Nou is ek rein Tina, ek verwag g’n verdere plae nie!
Sien jy nou Celia, dis hoekom mens elke keer alles moet gee, mens weet nie of daar nog ‘n keer is nie!
Ek wou maar net ‘n goeie jop doen, Clari!
Ja, ek is self nogal onseker of dit die regte ding was om te doen. ‘n Raps van die skeermes is een ding, maar hierdie was ‘n ander meneer. Tjek hierdie blog vir ingeval dit ‘n mishap was!
Die raat is ‘n bietjie te laat Therina, maar ek bΓͺre dit in die agterkop vir latere gebruik. Hoop nie dis ooit nodig nie!
Eish Lou, dis harre werk daai! Mens se gedagtes dwaal maar!
En toe piets die blinde sambok my!
Is maar ‘n kakkerige jop. In onse huishouding is daar niemand om dit aan te delegeer nie.
blikbeker virrie mos!
Shit Happens!Sterkte!
Aah thanks Wynvliegie! Ek is bly as jy die skryfsels van my lewe geniet.
SΓͺ ek ook!
Ek hoop my beurt is nou verby, Henry!
Heeltemal teen my sin, Flenters! Ek dink ek is die slagoffer van ‘n kosmiese komplot.
Shame, man…ek hoop dit is al baie beter!
Dankie Pinky–is heelwat beter.
10/10 vir jou! Pain en gain ten spyt…die feit dat jy meer doen as om skottelgoed in warm water te soak totdat koue vet na bo dryf…en dit skottelgoedwas noem, is veel beter as wat meeste mans wil/kan/sal/wou doen!
Ek is ‘n super duper skottelgoedwasser! Maak oop die link waar “ding” gehighlight is.
jy nog op die “krukke lys??”
Nee, ek is nou ok, skaars ‘n letsel.
Haha Lewies!!
Hi Lisa!