Ja, ok, ek het gesê ek is voorlopig klaar met die dinge van ‘n kind, maar toe kom kuier hierdie klein pirnjoffelkie onverwags by ons. Dit is die kleine Mila, die dogtertjie van Vroukie se suster se seun. Sy was sommer gou tuis hier by haar surrogaat oupa en ouma, die koue ten spyt.
Jinne, hoekom moet die kinders sulke uitheemse name hê? In ons famile is daar nou Mira, Mia en Mila, en dis nou werklik tongknopers vir die uwe as ‘n glasie wyn die tong so bietjie los maak. Dan word Mia Mira en Mira Mia, en nou is hier nog ‘n Mila ok. Waar’s die dae toe die kinders mooi Boerename soos Lewies en Johanna en Susara gedoop is. En as dit nie so gebeur het nie, is die ouers summier onterf. Mmm, ja, ‘n ydele dreigement hier in die Lewieshuishouding, hier is fokol om te erf, net skuld.
Hoe lekker lag ek vir die mooi boere name. Jy het vergeet van Ossekakewabeentjie.
Skoonpa het werklik gegaan en sy tooltjies en goeters wat na aan ‘n man se hart lĂŞ, alles net so aan die enigste kleinseun bemaak wat sy naam het. Die knaap het dit vinnig deur sy stert getrek.(nie een van myne kiender nie. Het wel benoem maar net algemene noemnaam gevat en dit ook doopnaam gemaak wat volgends hom nie goedgenoeg was nie)
Hier is nog wierder name:http://vuurklip.net/nuwename.php
O ja die een het daai vonkel in die oog! Dis goed Oupa en Ouma het baaaaiiiieee oefening nodig voor die aftrede.
Dit is die oulikste, opvreetbaarste klein tinktinkie !
Dis vir my so onoorspronklik, elke dogtertjie is nou Mira, Mia, Mila, Lia, Layla, Lya, oor 6 jaar gaan hulle almal saam in die klas wees,imagine Mira, nommer1, Mira nommer2 of Mira B, en Mira O, dit gaan chaos wees. Ek het my 1’e 2 kinders sulke uitsonderlike name gegee dat hulle al op universiteit was voor hul iemand ontmoet het met dieselfde naam đ
Ag, cute!Mooi boerename? HAHAHA!Behoede my.Lewies kan nog gaan,….
Very cute!
Sy IS fraai!
*grin* virrie ydele dreigement!
Lewies,ek dra swaar aan my boerenaam,maar ek stem saam met jou!
Ek is seker daai dopelinge het hul name verander!
Dit was ‘n ernstige saak vir die oumense!
Ek gaan hulle nou uitkyk.
Ons moet kindfiks wees!
So ‘n soet dogtertjie.
Modename.
Lewies is ‘n stoere, stoutmoedige naam! đ
She is, Post.
Sy het sulke ginger blond haartjies waaroor ek gaande is.
Ja Henry, ek het nog nooit ‘n houvas op my kinders gehad nie!
Ons ouer garde word nie meer geĂŤer nie!
đ
đ
mooie dingetjie!
Ja deesdae is die name weird en volksvreemdAg gooi maar nog ‘n wyntjie daar
op die oomblik is ek op hoesmedisyne!
ja nee, sy laat ons almal swoon!
My oupa se naam was ook Oupa Lewies gewees.Hier by ons gaan dit ook net so met die kleinkinders se name, so met Nathan en Makayla.Maar nou ja die ou goedjies kruip in n mens se hart. Ander sien ek maak n kombinasie van die ma en pa se naam en siedaar, die arme kind sal vir die res van sy lewe moet verduidelik hoe sy/haar naam nou eintlik gespel moet word.Groetnis daar,PvR
My oupa se naam was ook Oupa Lewies gewees.Hier by ons gaan dit ook net so met die kleinkinders se name, so met Nathan en Makayla.Maar nou ja die ou goedjies kruip in n mens se hart. Ander sien ek maak n kombinasie van die ma en pa se naam en siedaar, die arme kind sal vir die res van sy lewe moet verduidelik hoe sy/haar naam nou eintlik gespel moet word.Groetnis daar,PvR
welkom terug uit die koue kaap!!!