Aanhouer wen, soos hulle se. Nadat my manuskrip vir die kinderboek “Hier’s ‘n muis!” vir jare lank op my rekenaar vertoef het, nadat ‘n groot Afrikaanse uitgewer, ja, daai een, dit geweeg en te lig bevind het omdat daar wragtag nie plek in die Afrikaanse kinderlektuur vir nog ‘n storie oor muise is nie, wen die storie die eerste “Ken jou storie ” kompetisie en word dit uitgegee.
Die boekbekendstelling was ‘n groot doe gewees, daar in Pretoria. Ek en Vroukie is ingevlieg ORT vir die affere. Wonderlike geleentheid gewees, ‘n rooiletterdag in die ensiklopedie van my bestaan.
My jinne Lewies…jy is ‘n ou doring! Geluk hoor!
Dis aboluut wonderlike nuus en ek kan net sê “baie geluk”. Julle het verdien om ge-wine en ge-dine te word; die wag was lank genoeg.
Lewies!!! Geluk geluk geluk!!!. Jy het my nou SO ge-inspireer. Hierdie is wonderlik, en die buiteblad is voorwaar pragtig gedoen. Ag, ek is nou vreeslik beindruk met jou, man.
Jy is ‘n inspirasie vir die res van ons – van harte geluk!
Dankie!
Wonderlik! Baie geluk. Net Lewies kan so ‘n witty storie uitdink!
Dankie!
Skote Petoors! Jy weet die lewe begin eers na sestig………………
haha! Ja nee, die lewe snel voort teen sestig sekondes per minuut!
Jy is nou op my lys van beroemde-skrywers-blogvriende Ek wag nog vir foto’s van die bekendstelling Baie geluk!
Plaas later fotos.
Ek sien uit
Fantasties! Wonderlik! Sjoe! Hartlik geluk!
Dankie Toortsie.
Sulke gelukkige kinners, om ‘n Lewies storie te kan lees. Geluk Lewies.
Dankie!
Baie baie geluk, did darem nou ‘n groot prestasie. Nou ken ons almal ‘n bekende skrywer. Sjoe
Haha!
Pragtig man wys jou dit was nie verniet nie. Baie geluk, nou kan jy n opvolg boekie maak. Kinders is mal oor dieselfde karaktertjies.
Die muse sluimer!
Netso. Dit kom tevoorskyn wanneer jy dit die minste verwag.
Dis wonderlik! Baie geluk!
Baie dankie!
Dankie!