Bok bok staan styf…

Ek klim vanoggend soos Rice Krispies uit die katel, klap, knetter en kraak. Die lyf is seer na drie aande se gym. “Sjoe, ek is styf vanoggend, ” soek ek simpatie by Vroukie. Met ‘n Suster Teresa stem en ‘n twienkel in haar oog sê sy ” Kom laat ek kyk, dalk kan ek help” “Nee, nee!! Dis nie daai soort…” Toe kom ek laat by die werk en trap amper in die bollie (kak woord daai, ek sweer ek gaan dit nooit weer gebruik nie)  

18 thoughts on “Bok bok staan styf…”

  1. Briel Tronkie, briel. Dis die eerste keer in my lewe wat ek dit gebruik, en dit was vir effek. Ek voel soos die eerste keer toe ek te veel gesuip het, ek sal nooit weer nie!

  2. Ek dink eintlik net jy het bietjie kom brag hier oor jou knippie wat jy gescore het Lewies! Jir weet jy hoe styf gaan jy more wees – jy’t mos seker nie behoorlik opgewarm vir daai quickie nie, maar as mens uit oefening uit is, moet jy maar die gevolge dra….

Leave a reply to Windnimf Cancel reply