Die boer en sy roer

Ek sal nooit weer uitstel nie.

Gisteroggend gaan ek na die SADP se vuurwapentak om gou ‘n vuurwapenlisensie te hernu. Daar tref ek ‘n leërskare prokrastinators aan, elkeen lekker dikbek vir homself. Maar na so ‘n uur in die tou gesels ons lekker. Kom daar toe so ‘n polisiemeisie en sê ons moet ‘n gedeelte invul waar verwysings van familie en vriende gevra word, min van ons het dit raakgesien omdat dit in die aansoekvorm onder ‘n gedeelte is wat die coppers eintlik moet invul. Vir ‘n oomblik kan nie een van ons aan ‘n vriend of ‘n familielid dink om op te gee nie, maar synde dat ons nou al so lekker kuier ag ons ons buurmanne in die tou as vriende en selfs as verlangse neefs en nigggies en so ruil ons vinnig familie uit. My “neef” is ‘n ou van sewentig, en toe ons nou saam in ‘n groot vetrek beland waar die vorms getjek word, vingerafdrukke geneem word en die betaling (R70 per vuurwapen en R70 vir ‘n vaardigheidsertifikaat) gedoen word, roep die polisiemeisie van flussies verbaas uit toe sy die ou se aansoeke vir sewe vuurwapens tjek: “My magtag Oom, hierdie is dan ‘n blerrie masjiengeweer!! daar is nie ‘n manieeer dat jy ‘n lisensie vir hom gaan kry nie!”

Na so twee ure is die storie toe afgehandel. Ek het nog twee ou gewere wat ek moet inhandig vir vernietiging. Ek sal dit Maandag doen, daar is nog tyd tot Dinsdag.

Advertisements

6 thoughts on “Die boer en sy roer”

  1. Ek sê ook ek gaan nooit weer uitstel nie en as ek my kry….sê ek dit weer! :-)My man het self verlede week vir syne gegaan. Dis nogal ‘n affêre!

  2. Dis nou wat my die bliksem in maak. Daai snotkop polisie lidjie het GEEN outoriteit nie. Haar werk is om die dokumentasie in ontvangs te neem en aan te stuur CFCR toe, waar daar besluit word watter lisensies word toegestaan en watter nie.Die donker teef by my DFO wou my ook verlede week wysmaak dat my lisensie vir ‘n nuwe aansoek nie daar sal wees nie, intussen lê hy al meer as ‘n week daar.

  3. Jy het tot 30 Junie om van die wapens wat jy nie wil hê nie ontslae te raak. G’n polisieman kan jou anders vertel nie. Jy’t ook die opsies om hulle te laat deaktiveer of weg te gee of te verkoop. Privaat verkoop of weggee is egter ‘n swak opsie omdat die ander party eers ‘n lisensie moet bekom. Met die verkoop of weggee aan ‘n handelaar gaan die wapens dadelik van jou naam af.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s