Inval van die Visvoete

Onse huis is oorgeneem deur die Kaapse kinders en die twee beach babes–soveel van ‘n plesierige chaos was daar lanklaas onder ons dak. Poppe en klere waar jy trap, kindertjies, net twee maar dit voel asof hulle om elke hoek en draai verskyn,  ons huis het weer lewe, dis asof die vier mure saam lag en  onthou van jare terug toe dit die ma en haar boet was wat die huis se are laat pomp het van lewe. Dis een vreugde hier in die Lewies-huishouding, ook om opnuut te ontdek dat ek die kleintjies se verspottigheid kan verdra sonder om ou man suurgat te raak. Ja man, dis lekker  om weer die kind in jouself te ontdek.

13 thoughts on “Inval van die Visvoete”

  1. Hi Lewis, jou blad is te wyd vir my skerm. Maak dit moeilik om te lees.Ja, ek beny jou! Ek het geen kinders nie. Soms mis ek daardie ervaring van ‘n vol huis. Maar ek is gelukkig!

  2. Hallo Kobus, ja, die wye blad is ‘n lollery. Ek het in ‘n vroeëre inskrywing fotos gepos, en sedertdien is die blad so wyd. Ek sien egter as mens na die kommentaarblad oorskakel is die normale wydte weer herstel.

  3. Pragtig, Lewies…. kinders veral kleintjies is kosbaar!! geniet dit en edie nergie daarvan!!

Leave a reply to pasella Cancel reply