So lyk Lykso

 

Anderkant Vryburg, op die voorstoep van die Kalahari, is die piepklein plekkie, nie dorp nie, sommer so ‘n stop langs die pad.

Ons was vroeg reeds op die pad en toe ons daar kom, had almal ‘n nood, en dis toe net die plek om die dou van die lelie af te skud. Die locals was al goed op dreef in die tavern, en die toilette het daarvan getuig.  Maar as die nood hoog is knyp mens maar die oe toe.

 

In die winkel het ons ons verkneukel aan die handelsware, daar was geen eienaar of assistent in sig nie. Toe ons nou so lekker kommentaar lewer oor die koddige plekkie, kom daar meteens ‘n kop  van onder die counter uit–dis toe die eienares wat daar ‘n hans boklam melk gee, nee man, uit ‘n tietiebottel uit! Moet nou nie stuitig wees nie!! Ons koop toe elkeen ‘n Coke om die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot te gee en daar gaat ons. 

 

 

 

 Ons wou ook brandstof ingooi maar die voorraad was uitgeput!

 

20 thoughts on “So lyk Lykso”

  1. Is jy die outjie met die bril, hande in die sakke en crocks?Nice man!Ek laaik die gehuggies, daar waar boklammers agter die counter gevoer word.

  2. …hoop ander besef nou mens het nie ‘n passpoort nodig om ‘n toeris te wees nie… ai, eendag as ek groot is, met ‘n paar tenke vol petrol en ‘n kar wat nie water lek nie..dan wil ek dit ook doen…sonder menslike bagasie, net ekke met ‘n tassie en ‘n kamera.

  3. Jimmel Lewies was nie bewus dat daar nog ‘Godsverlate’ dorpies is nie. Baie mooi foto’s

  4. Ek wil binnekort die pad vat na nêrens. NET om al die verlate dorpies te besoek.Dit was my oupa se droom, en op die eerste stukkie pad van die toer, is als wat op sy naam was, verwoes in ‘n ongeluk.Ek eht so maand gelede skielik gevoel ek wil sy droom vir hom bewaarheid.Al het ek hom nooit geken nie.

Leave a reply to pasella Cancel reply