Jy sal moet vinger trek, Lewies

Die seer vinger word toe nie beter nie, en gister wil ek na ons huisdokter, die een wat Saterdag naweek af was. Hy is egter self in die bed met aritmiese hartkloppings. Dus terug na Dr Jane se Moer, (wat eintlik baie oulik is, maar as ek haar nou so voorstel verloor my vorige inskrywing sy pit.) Bloedtoetse vir witbloedligaamtelling om die graad van infeksie te bepaal, pynlike dreinering van die wond en die waarskuwing dat, as dinge nie nou verbeter nie, is dit hospitaal toe vir ‘n intraveneuse anti-biotika drup. Fokkit! dokter, dis net ‘n spinnekop byt! Nietemin, meneer Lewies!

 

Laasnag klop my vinger asof die  Van Rensburgtelgie van Noot vir Noot sy tamboerstreke daarop uithaal. Traai weer die huisdokter, hy is in, en ek kan so half-drie kom. Die vinger lyk nou erg, soos gister se olierige, oopgebarste Russians in ‘n sleazy Griekse take-away. Wondvog kristalliseer in geel korrels op my vel. Maar ek voel ek kry nou behoorlike behandeling. Huisdokter bekyk die wond noukeurig, buig die vinger dat die etter uitspat soos vet uit goedkoop wors op ‘n braaivleis vuur. Dan draai hy ‘n pleister om wat in anti-biotika “geimpregneer” is. Die moet ek vir drie dae dra. Hoe hou ek dit vir drie dae skoon, wonder ek stilweg. Sal maar later daaroor bodder. Dan ‘n inspuiting van baie sterk anti-biotika, dan ‘n voorskrif vir Flagyl, wat ek saam met die reeeds voorgeskrewe anti-biotika moet gebruik. Dit sal glo anaerobiese organismes uitwis. Dit klink soos oorlog, en my liggaam is die slagveld. “Anaerobiese troepe, ruk up na die r indeksvinger, tweede digtale area. Daar is ‘n versterking van vyandelike magte, fok hulle op!!”  Klink of  Flagyl net die ding is om so ‘n aanval te stuit, een geringe kinkel in die kabel egter, die apsteekster waarsku my ernstig: Geen alkohol saam met die Flagyl nie, nie eens ‘n enkele night cap nie. Flagyl verhinder die opname van alkohol in die lewer en dit bly dus in die bloedstroom, nie alleen veroorsaak dit gevoglik ‘n aanhoudende euforie van ‘n Fuck you Jack I’m allright gevoel nie, dit kan, sal se die apsteekster, alkoholvergiftiging veroorsaak. So much for a Bhjells. Daarby boek hy my vir die res van die week af. Onder ander omstandighede was dit goed en gaaf, maar ek het my nie voorberei vir so ‘n onverwagse afwesigheid nie. Ek sal maar die beplande vergaderings gaan bywoon en so op ‘n afstand betrokke bly sonder om te woelig te wees.

 

En dit alles as gevolg van een klein spinnekop se veglustigheid. Klein kak.

 

(Dr Jane se Moer vertel my dat ‘n mens gemiddeld 13 spinnekoppies in sy lewe insluk as hy slaap. En ek kan juis so lekker oopbek le en kwyl)

20 thoughts on “Jy sal moet vinger trek, Lewies”

  1. Okay, een vraag … is daai spinnekoppies baie hier in ons kontrei, en watter spinnekoppie?Ek hoop daai vinger voel sommer vinnig baaaaaaie beter.

  2. Moenie nou vingertrek nie! As jy hom nou trek, trek jy hom af lat daar net ‘n stukkie been uitsteek. 🙂

  3. Hene, Lewies!Ag, shame man – sorry oor die nightcap wat oorgeslaan moet word…Nee, rerig, dink aan jou en hoop jy’s gou weer ok.

  4. Ek sal nou nooit weer wors of russians kan eet sonder om aan oom Lewis se r indeksvinger te dink nie.URGH!!!!

  5. Jis Tronkie, ek weet nie hoekom mens tien vingers moet he nie, voel vir my hierdie een is al een wat ek gebruik (wel, behalwe as ek ‘n taxi groet!)

  6. Dankie Lou! As ek nou die night cap moet oorslaan, gaan my budget nie klop die maand nie, te min empties om in te ruil!

  7. Die geluk daarvan is dat as jy ‘n spinnekop insluk, veral die kleintjies, verteer die speeksel hom voordat hy kan byt, en as dit ‘n grote is, irriteer hy die slymvliesie as hy nou so hier agter oor die alveoli en die pavarotti kruip met sy groot voete, dan hoes mens hom ook uit voordat hy nou skade kan aanrig. Wonderlik is die liggaam aanmekaar gesit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s