…bron van hartsverblyding!
Ek en Lettertrash is weer in sync, ek kan weer ronddwaal op die blogs, kommentaar lewer, antwoord op kommentaar, selfs ‘n inskrywing pos! Ek kan egter steeds nie fotos plaas nie, ‘n probleem wat ek reeds aan Hanna Hoekom gemeld het (Hanna hoekom kan ek nie fotos plaas nie). Die Insert Image venstertjie gee nie ‘n browse opsie nie. Ek sal maar eksperimenteer met ander maniere.
Hierdie Erfenisdag moet die hondehok moet opgradeer word, hier het intussen nog ‘n hawelose swerweling opgedaag en ‘n holte vir sy voet gevind, ‘n klein brakkie, nog met melktandjies, so tien, twaalf weke oud. G’n siel in die omgewing ken hom nie. Hy en Pamela die werfhond het reeds gebond, en ek sien ou Pammy geniet die samesyn. Dus moet die outjie maar bly. Lyk na ‘n kruising tussen onder andere ‘n miniatuur Doberman en iets oos ‘n Jack Russel of Foksterriër, (of, wie weet, ‘n Great Dane?). Die brakkie het ‘n moerse lang, swart stert, met ‘n wit kwassie op die punt. As hy sy stertjie swaai, wat hy nogal gereeld en energiek doen, skep die flitsende wit kwassie ‘n stroboskopiese effek wat mens nogal herinner aan ‘n helikopter se rotor. Dus word die nuweling Chopper gedoop.
Nou ja, laat ek lyf carpenter hou. (Fok, my arme duime, en ek het juis tien van hulle!)
?????
Maak nou net die deur groot genoeg vir ‘n chopper om in en uit te kom……
Het ook so `n brakkie van soortgelyke resep gehad as pel vir my Labbie, jy sal sien dat `n leeuhart daar skuil….daai chopper kan nog uitlig werk doen. Maak daai hok groot!
Ag ek is tog sooo dankbaar dat dit nie ék is wat die hondehok moet opgradeer nie, Lewiesie.Sterkte!
Welkom terug…
Ek het omtrent soos ‘n uitgeworpene gevoel, persona non grata!
Ons het altyd gesê ons wil tog nie so ‘n kriekerige brak hê nie,en hier is hy! Kon hom seker DBV toe vat of na ‘n troeteldierwinkel, maar ek is ‘n sucker vir die underdog.
Groete vir Chopper. En Pamela.
Gaaf dat jy hier kom anker gooi het!
Dankie Maankind, ek het so gemaak en lyk my ek gaan regkom.
Daar is al goeie vordering Thomas! Is maar ‘n gesukkel so sonder die regte gereedskap.
Dankie Berwick!
Ek maak so Kelkie!
Vreugde wel, Therina, maar ook so ‘n bietjie moer pomp–die bleddie klein brak is ‘n gatgrawer, en daarby moet ons nou onse skoene wat so lekker voor die TV uitgeskop is, pligsgetrou wegbêre!
Bless your Soul, Lewies. Dit klink na ‘n gawe “pavement special”!!
Taxi hart en sucker, selle ding!
Blerrie frustrerend, hoop maar die werkery aan Letterdash sorteer die probleem uit.
Iets soos ‘n hangar?
Pure straatbrak, Mariana!