Wiener mischung

Verlede week had ek die voorreg om ‘n werkswinkel in Parys on Vaal by te woon–drie dae weg van die werk by ‘n venue op die oewer van die rivier. Ek het nou wel my genoot in die eg gemis, maar hoe groter die gemis, hoe lekkerder die weersiens!  Daarby maak ons gereed om volgende week by die see te gaan kuier, Natal se kant toe. Om die kroon te span is hierie jaar se April die soort van maand waarvan die werksku Lewies hou, amper meer vakansiedae as werksdae! Ai, jammer van 6 April. Die bleddie ANC.

 

By die werkswinkel is ‘n lesing oor energiebesparing aangebied, hoe mens elektrisiteit kan bespaar en herwinning kan toepas. Was maar dieselfde gesang tov energiebesparing, vervang gloeilampe met  energy savers en verduur die pieperige piepiegeel skynsel, bad saam met die buurvrou om die geyser te laat rus, ensovoorts. Wat my toe laat dink aan Skoonpa, ‘n man wat daarvan hou om elektriese toetstelle multifunksioneel aan te wend. So kuier ons ‘n tydjie gelede by hom en Vroukie maak koffie toe ons daar aankom. “Jinne Pa”, wonder sy, “watse soort koffie koop jy deesdae?” Nee wat, dieselle as altyd, sê hy. Maar die koffie het beslis ‘n anderste smaak, dalk die Mokakka water van Kroonstad?

 

Later spoel Vroukie die ketel uit om van al die kalk en Mokakka ontslae te raak. Onder in die ketel vind sy ‘n vreemde voorwerp, wat by nadere ondersoek en veel twyfel ‘n swartgekookte Vienna blyk te wees, oorblyfsel van ‘n brekfis for one minus Vienna wat in die ketel agter gebly het. Wiener mischung, dink ek so by myself.

 

 

 

(Moqaka is die naam van die munisipalieit wat oa Kroonstad insluit. ‘n Tyd gelede was daar ‘n groot ophef oor rioolstorting in die water, pure drol innie drinkwater situasie)

 

 

 

 

18 thoughts on “Wiener mischung”

Leave a comment