Vanoggend vroegerig. Ek staan en skeer.
“Lewies!”
“Washit Vroukie?” My tong is in my kies geprop sodat ek die laaste hardnekkige stoppels kan afskraap.
“Het jy gister onthou van die griepinspuiting?”
Vroukie het ‘n griepvaksiene by die apteek gekoop, ek moes net ‘n nurs kry wat die spuitwerk kon doen. Die nurs by die apteek het haar beduie hoe sy dit self kan doen, maar ek is lugtig om proefkonyn te speel vir so ‘n do-it-yourself joppie. Vroukie kan dalk haar onkundigheid misbruik om my terug te betaal vir ‘n lank vergete “onreg”.
“Ja, ek het een van die susters by gemeenskapgesondheid gevra om my te spuit. Dit het nogal goed gewerk, sy het ‘n lift dorp toe gesoek om haar kar by die garage te kry. So kon ons mekaar help.”
Verbeel ek my of hoor ek vir Vroukie snork-lag? So effe gedemp, maar dis beslis ‘n lag. Dan bars sy hard en onfatsoenlik uit van die lag.
“Nou wassit nou met jou?” vra ek, failing to catch the joke.
“Jy meen dit was ‘n ruiltransaksie.”
“Hoe kom jy daarby uit?”
‘n Stekie vir ‘n rytjie!”
“Hene Vroukie, jy het ‘n evil mind!”
“Wil jy weet presies hoe evil my mind rêrig kan wees, Lewies?” Haar stem is skalks en onnutsig, daar is ‘n twienkel in haar oë.
Reg geraai, toe kom ek weer laat by die werk.
Aitsa Jy is darem nog ‘n hupse bok!
HeheheEk sien jy’t by die werk ook gekom, al was dit laat.To Evil Minds!
klink na fair exchange …….
(-:
You go, Lewiesie!:-)
Sy weet dus van “ravaged by a savage”…kappit flou.
He he he :)Ek like jou vroutjie!
lank lewe ruilhandel
‘n Man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem!
Lekker stuitig jy, Janneman!
Hi Therina! Lekker as ek daai mooi gousblom hier sien!
‘n Goeie deal!
Hi Wynvlieg! Welkom, welkom!
Hi Berwick!
Naandsê Thomas!
Hehehe! Wil jy nou impliseer ek is ‘n savage?
Ek ook!
Ja nee kyk, as geld betrokke was dan was dit lelik!