Beterskap in die vooruitsig

Na my vorige lament oor my siekte-toestand kan ek darem nou met dankbaarheid berig dat daar beduidende beterskap ingetree het, na nog ‘n besoek aan die dokter en sy besluit om die anti-biotiese aanslag te verdubbel. Dis nou 1 gram twee keer per dag. Ek is nou nie juis in my noppies hiermee nie, die anti-biotika het ook maar ‘n nadelige uitwerking op die lang duur. Ek is nogal kwesbaar vir candida infeksies, maar dis op hierdie oomblik ‘n worry vir later. Eerste dinge eerste. Die tydjie by die huis het my kans gegee om leeswerk in te haal, en twee boeke wat ek werklik geniet is Die Begunstigde van DJ Winterbach en Deon Meyer se Spoor. Nou krap ek hier in die boekrak rond maar vind nie eintlik iets wat die belangstelling roer nie. Wag bietjie, hier is een, ‘n dikkerige knewel:  Die sosio-ekonomiese toestand van die ongehude Bantoe moeder in die Transkei. Uhm, ja, so siek is ek nou ook nie! Sal maar liewer lees watse nonsies my blogmaters kwytraak!

38 thoughts on “Beterskap in die vooruitsig”

  1. Jissie Tina, eers was Vroukie siek, toe is dit my beurt. Hoop ons is nou immuun vir die res van die winter.

  2. Pas jouself nou op en gaan vee die telefoon, deurhandvatsels, krane, ens. met ‘n brandspirituslappie af sodat jy jouself (en ander huismense)met die peste herinfekteer nie. Lekker leestyd – ek wil nog Deon Meyer se Spoor gaan klaarlees.

  3. hier in ons kaia word die knoffel inname met so griep ook sommer verhoog – dink die kieme skrik vir die stank

  4. Ja mens wonder wie die boek geskryf het – wie was daai ghrieskop ou wat altyd ons probeer vertel het hoe wonnerlik die regering is? Cliff Saunders? Klink of hy of sy boetie daai boek geskryf het!

  5. Ja,dokter die een ding reg,dan is dit weer iets anders wat aftjop van die medisyne.Bly by Dr.Sjerrie.

  6. Ek is ook besig om te herstel – drie dae griep oor ‘n naweek. Net ‘n flippen koorsblaar oorgehou.Lekker lees

  7. Met die google van koorsblare kom ek af op ‘n plek waar 100de mense se “Vanilla Essence elke halfuur….Wragtag~!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s