More gaan ons Stanford toe om die Krismisboom-ding te doen. Mia glo nog verbete aan die liewe Kersvader wat geskenke bring vir al wat kind is, ons dink sy twyfel oor die saak maar wil vir oulaas die opwinding van die fantasie beleef . Haar ousus Kara kyk haar meewarig aan maar bars nie die borrel nie. Dan bring ons Kersdag daar deur en kom weer Vrydag terug. Die Kapenaars is Klerksdorp toe na die annerpa en annerma daar-hulle bly op ‘n plaas en ek glo daar word lekker gespeel met die nefies en niggies.
‘n Geseënde Kersfees aan almal wat hier lees, mag jul dag vol vreugde en samesyn met geliefdes wees.
Geniet dit. En veilig ry, vlieg, bus, trein of swem…
Dankie Skeletor. Die paaie is juis ‘n nagmerrie met al die haastige vakansiegangers.Hulle hou nie van ons rustige harmansdrup ryery nie. CEM (Hermanus se voertuigregistrasie) is volgens hulle ‘n afkorting vir Cemetry!
Solank hulle hulself in die Cemetry in ry. (Ek is lelik ek weet, maar ons kan doen met so een of twee domkoppe minder…)
Julle eerste krismis in die Kaap ? die tyd gaan ook so vinnig verby. Vrede en Vreugde vir julle daar in Stanford.
Moeilik om te glo Monica, maar dis sowaar nommer twee!
Geniet dit.Ons het ‘n stil Kersfees ..drietjies by onsselwers,met een hoendertjie en ‘n slaai.
Geniet, Krismisoordaad lei tot Krismiskilo’s!
Wat ek reeds het sonder die oordaad!Daardie rugstring op jou foto is net die regte ding…sonder die sous.
🎅
Cool!
Dankie en dieselfde. Net gedink julle gaan almal saam wees, helaas toe nie.
Hulle het verpligtinge aan daai kant, volgende jaar, as ons uitgespaar bly, is dit weer ons beurt.
Vreugde vir die Lewiese.
Dankie Dirkie. Jy moet vertel van Mia se eerste Krismis.
Dankie, Lewies. Geseënde Kersfees aan julle ook!
Dankie Tannie Frannie!
Ag jy gaan dit geniet… trek jy die rooi pakkie aan of is jy chicken!
Veilig ry!
Ho ho ho!!
🙂
Trek my hart nou Kaap toe… Mag julle ‘n vreedsame, vreugdevolle Kersdag beleef!
Dankie Lewies. Jammers eks bietjie laat, teen die tyd is die kerspersente seker al ou nuus. Nogtans geniet verder. Hoop jy stuur fotos van die Kersboom vir ons later …