Na my lamentasie oor die hoë vleispryse en hoe dit ons Krismisete bedroewend gaan beïnvloed. verheug dit my om julle mee te deel dat ek ‘n slaghuis hier in Hermanus ontdek het wat vleis teen billike pryse verkoop, Xolile’s Chisa Nama Butchery. Ek koop toe die snit hieronder teen ‘n sakpasprys, pure Christmas Special!
Vroukie gaan nou ‘n sappige rugstringpastei voorberei, klaar ‘n resep uit Dine van Zyl se “Boerekos” nageslaan en die kruie en speserye en goetertjies aangeskaf. Sal goed afgaan met ‘n cabernet.
Bon appeltiet!
Klink na ‘n plek met honde en perdevleis ook? Julle begin vroeg al eet?
Nog in die voorbereidingstadium!
“Harde bene kou” is duidelik jou voorland!
Ek hoop die speserye en goetertjies maak die bene eetbaar!
So ‘n lang sous is die regte ding!
Hou ons asseblief op hoogte hoe dit afgegaan het.
Maak so!
Kaalgestroop
How closer to the bone how sweeter the meat!
En kyk nou net hoe pleeg ek die Brits, pure Boere-Ingils! Natuurlik is dit
The Closer—the sweeter! Skies Liesbet, skies gans Brittania!
Bon Druiwetiet sal beter paar met die gereg, as ek nou ‘n beskeie voorstel kan maak, en sommer ‘n baie groot glas!
Dine van Zyl se resep sê juis: Geniet die gereg met baaaie wyn!
Selfs as jy jou siel verkoop om vleis te kan bekostig, het die prys van groente ook die hoogte ingeskiet. Ek het onlangs R18 betaal vir murgpampoentjies en R16 vir agurkie styl komkommers, daar was net 8 in die bakkie. Hierdie tyd van die jaar dink ek altyd aan nuwe bruide wat dalk vir skoonma wil beïndruk met Kersfees of Family Day middagete, hoe alles wat nodig is te kan bekostig en die prys waarborg nie gehalte nie.
Vir seker waarborg hoë pryse nie goeie gehalte nie. Caveat emptor!
Mens moet maar in seisoen produkte koop.
Hiehiehie – hoop die gereg was smaaklik gewees …