So het dit begin

 

Toe ek haar vra
Toe se sy ja
“Maar vra vir ma”
Ek vra
vir ma
en ma se ja
“Maar vra vir pa”
Ek vra
vir pa
pa se uhm en pa se aa
maar dan, hoera
se pa ook ja!

En vandag, 44 jaar gelede, is ek en Lettie in die heilige eg verbind, daar in die NG Kerk Kroonheuwel in Kroonstad, onder leiding van ‘n predikant wat bekendheid verwerf het toe hy ‘n bandiet wat sy kar wou steel, op heterdaad betrap het en die man se kakebeen met ‘n goedgemikte regterswaaihou afgeslaan het. Soos AG Visser se “So lank van draad op die preekstoel maar so kort van draad daaronder”. Maar dit het niks met die storie te doen nie. Ek kan vandag nog onthou hoe ‘n vlietende maar diepe paniek my beetpak toe ek die kerk vanuit die konsistorie binnekom om my bruid in te wag waar  sy aanstons in die lang gang sou afgestap kom. Toe ek die deur oopstoot, trek my keel bottoe toe ek die skare mense voor my sien sit, en dit moet die keeltoetrekkery wees wat my oe se asse infinitesimaal swaai, sodat alles wat ek hier voor my sien skielik wasig en uit fokus is. Van daai menigte bruilofsgaste kan ek nie een herken nie, en dis toe dat die paniek my beetpak. Is ek by die regte troue? Se nou die bruid wat binne oomblikke hier na my toe aangestap sal kom is nie my bruid nie?  En wat van die huweliksnag in die Toristo Hotel se honeymoon suite? Maar toe trek die orrel los en ek skrik uit my amperse beswyming. En daar kom sy! Die mooiste bruid!  En sy glimlag en ek weet, saam sal ons die lewenspad stap, hand aan hand. En vandag is sy nog net so mooi, en ons tred nog net so vas.

12 thoughts on “So het dit begin”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s